Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rapport se Suzanne vereer

Rapport is Donderdag vereer met drie Standard Bank Sikuvile-pryse vir sy ondersoekende joernalistiek en spotprente.

Suzanne Venter van Rapport is van jaar vereer met twee Sikuvile-toekennings. Foto: Deon Raath

Suzanne Venter, senior verslaggewer, is vereer vir haar werk oor die Life Esidimeni-skandaal. Sy is aangewys as die ondersoekende joernalis van die jaar en haar stories oor Esidimeni is ook aangewys as storie van die jaar.

Venter het verlede jaar ’n reeks van tien artikels geskryf waarin onthul is hoe psigiatriese pasiënte dood is nadat die gesondheidsdepartement hulle uit die sorg van die Esidimeni-sorgsentrums verwyder het om geld te bespaar. Meer as 100 van dié pasiënte is dood en Qedani Mahlangu, LUR vir gesondheid in Gauteng, het bedank. (Lees Venter se berig oor waar Ma­hlangu haar dié week bevind.)

Brandan Reynolds het met sy “skerp” spotprente vanjaar die bekende kunstenaar, Zapiro, stof in die oë geskop met sy kreatiewe sin vir humor. Foto: Elizabeth Sejake

Venter het vroeër vanjaar ook die Taco Kuiper-prys vir ondersoekende joernalistiek gewen vir dieselfde reeks berigte.

Die finaliste wat saam met Venter benoem was, is Mzilikazi wa Afrika van Sunday Times en Sipho Masondo van City Press.

Rapport se spotprenttekenaar, Brandan Reynolds, is aangewys as die spotprenttekenaar van die jaar vir sy werk in Rapport en Business Day.

Hy is beloon vir sy “skerp en kleurvolle” sin vir humor, asook vir sy uitsonderlike tegniese en kreatiewe vermoë, het die beoordelaars gesê.

Vanjaar se joernalis van die jaar is Sipho Masondo van Rapport se susterskoerant, City Press. Hanlie Retief, Rapport se profielskrywer, is benoem vir artikelskrywer van die jaar.

Brandan Reynolds se spotprente wat hy ingeskryf het vir die Sikuvile toekennings:

Meer oor:  Hanlie Retief  |  Toekennings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.