Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
RDM-aanleg ‘nie gevaarlik vir gemeenskappe’

Rheinmetall Denel Munition (RDM) het inwoners in die omgewing van sy aanleg in Macassar naby Somerset-Wes gerusgestel en gesê die aanleg hou geen gevaar in vir mense wat naby die aanleg woon nie.

In ’n verklaring Saterdag sê RDM daar word in alle opsigte voldoen aan internasionale en die nasionale departement van arbeid se veiligheidstandaarde.

Die aanleg van Rheinmetall Denel Munition in Somerset-Wes. Foto: Jonathan Lestrade/Die Son

Die ongeveer 400 geboue by die Somerset-Wes-aanleg is almal so ontwerp dat indien daar ’n voorval is, dit nie ’n invloed op die omliggende geboue of omgewing sal hê nie.

In die geval van die ontploffing op 2 September, toe agt werknemers dood is, het die versterkte mure verseker dat die drukgolf wat gevorm het nie na ander geboue versprei het nie, maar reguit die lug in is.

Om elke gebou word ’n veilige radius bepaal, afhangend van die werk wat daar gedoen word.

Al dié veilige radiusse is binne die grense van die perseel en die omliggende gemeenskappe kan nie daardeur geraak word nie.

RDM sê personeel kry steeds traumaberading en boodskappe word in ’n boek van herinnering aangeteken wat in die ontvangsvertrek van die aanleg gehou word.

Verteenwoordigers van RDM het Saterdag al die betrokke gesinne besoek en verskeie kerke in Macassar het Sondag ’n biddag gehou en hul oggenddienste aan die oorledenes en hul gesinne gewy.

Norbert Schulze, uitvoerende hoof van RDM, sê in hierdie moeilike tyd maak mense op mekaar staat vir krag. Daar is ’n mate van troos daarin om geliefdes te onthou en vir mekaar te bid,” sê Schulze.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.