Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
RDM, Gordhan ontmoet families van slagoffers

Die families van die agt werkers wat verlede week in ’n reuseontploffing by die Rheinmetall Denel Munition (RDM)-aanleg in Macassar naby Somerset-Wes oorlede is, het Woensdagmiddag saam met Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, en die bestuur van RDM geëet.

Armin Papperger, RDM-voorsitter, het ook die geleentheid bygewoon om sy ondersteuning aan die families te verleen.

Die verslag van die polisie se forensiese ondersoek sal na verwagting Vrydag bekend gemaak word.

Luidens ’n verklaring wat vroeër deur RDM uitgereik is, is die produk wat met die ontploffing te make het glo ’n dryfmiddel wat uit meer as 95% nitrosellulose (“skietkatoen”) bestaan. Dit word gebruik vir die vervaardiging van ammunisie.

Wanneer dit aan die brand raak, word koolstofdioksied (34%), water (13%), stikstof (13%), koolstofmonoksied (38%), waterstof (1%) en metaan (1%) afgegee.

Die name van die slagoffers is nog nie amptelik deur die maatskappy bekend gemaak nie.

RDM vervaardig skietgoed en plofstof vir die weermag en polisie in Suid-Afrika, sowel as in die buiteland.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.