Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Redakteursbrief: Welkom aan ons nuwe Vrystaatse lesers

Goeiemôre en welkom aan ons nuwe Vrystaatse lesers by Beeld.

Ons is inderdaad van vanoggend af beskikbaar in Bloemfontein, Welkom, Kroonstad, Winburg, Hennenman en Ventersburg. Maar net vir drie dae van die week: Woensdae, Donderdae en Vrydae. Daar sal nie huisaflewering beskikbaar wees nie.

Ons is baie opgewonde oor die vooruitsig, maar ons gaan nie probeer voorgee om ’n Vrystaatse koerant of selfs uitgawe te bied nie. Dit gaan volbloed-Beeld wees. En soos tans sal ons kennis neem van Vrystaatse nuusgebeure, soos ook in ons ander provinsies: Gauteng, Noordwes, Limpopo en Mpumalanga.

Barnard Beukman

In Beeld sal lesers ook geen kunsmatige warmte kry deur net te lees oor dit waarmee hulle saamstem nie. Ons probeer die diskoers en meningsaanbod so divers en uiteenlopend moontlik hou. Daardeur word ons en ons lesers beter ingelig om uiteindelik standpunt oor kwessies te kan inneem. En opbouend met mekaar daaroor te verskil.

Ons nooi Vrystaatse lesers om ook daarin te kom deel.

’n Koerant se aanbod, verskeidenheid en balans strek gewoonlik oor verskeie uitgawes heen.

Maak gerus in die volgende weke en maande die ontdekkingsreis saam met ons mee.

Beeld en die ander Afrikaanse koerante en tydskrifte het, soos reeds bekend, saamgetrek by Netwerk24 as gesamentlike en dinamiese elektroniese tuiste.

Dit skep die geleentheid dat elke titel volgens sy unieke omstandighede, uitdagings en lesersbehoeftes kan deel in elektroniese groei.

Maar waar haalbaar, probeer ons gedrukte koerante steeds op die rak hou.

Juis in die heersende onstuimige omstandighede glo ons koerante kan steeds ’n belangrike bron van inligting, nuus, ontleding en veral ook diskoers wees.

Adverteerders gaan ook nou blootstelling kry aan ’n groter lesersgehoor, wat tel onder dié met van die hoogste huishoudelike inkomste wat in ’n mediakanaal bereik kan word.

Geluk ook aan die drie adverteerders wat vandag hul buiging in die historiese uitgawe maak: Lindsay Saker Volkswagen Bloemfontein, BloemSkou en die Mediclinic Bloemfontein. Welkom.

Om die gebeurtenis te vier, begin ons vandag oor ons verspreidingsgebied heen met ons groot leserskompetisie: Wen met Beeld. Die pryse spreek vanself en ons bedank graag die borge wat hul hand diep in die sak gesteek het om na ons lesers uit te reik.

Ons is veral trots daarop dat Radio Rosestad en GoldFM elkeen op hul unieke manier vennote in die Vrystaatse been van die kompetisie is.

Ek is genooi om deur die loop van vanoggend in albei se ateljee ’n draai te maak. Luister gerus saam.

Lekker lees. En laat gerus van u hoor.

Barnard Beukman, redakteur van Beeld. (barnard.beukman@beeld.com)

Meer oor:  Beeld  |  Barnard Beukman  |  Vrystaat  |  Koerant  |  Welkom  |  Lesers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.