Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Redding van ‘koperdiewe’ uit myn in weegskaal

Die lot van 22 vermeende koperdiewe wat ondergronds in die Gloria-myn naby Middelburg in Mpumalanga vasgekeer is, is in die weegskaal omdat ontevrede mynwerkers die reddingswerk belemmer. Die mynwerkers is reeds maande lank sonder ’n inkomste.

“Ons is al gedreig en die kontrakteurs het gesê ons kan in geen omstandighede met die reddingswerk voortgaan nie,” het Mike Elliot, die myn se bestuurder van sakepraktyke, Sondagaand aan eNCA gesê.

Gloria mine
Die skag na die Gloria-myn. Foto: Twitter

Reddingswerk is tydelik gestaak.

’n Groep van 42 mans, glo burgers van Lesotho, het verlede naweek by skagte van die myn ingekom en wou glo koperkabels steel.

Ná ’n gasontploffing is 22 lede van die groep ondergronds vasgekeer. Die ander 20 kon na veiligheid vlug.

Die Gloria-myn behoort aan Optimum, wat in 2016 deur die omstrede Gupta-familie gekoop is. Die myn is sedert 2018 in sakeredding.

Sedert die sluiting van die myn in September verlede jaar het honderde werkers nie hul salaris ontvang nie en het koperdiefstal toegeneem.

Volgens brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, handhaaf die polisie ’n sterk teenwoordigheid by die myn.

Elliot kon nie Maandag vir kommentaar bereik word nie.

Hulle is kabeldiewe. Hulle is nie mynwerkers nie. Hulle het hierheen gekom om koperkabels te steel.
Mike Elliot, die myn se bestuurder van sakepraktyke.

Hy het in die onderhoud met eNCA gesê sommige mynwerkers het sedert Oktober verlede jaar nie salarisse ontvang nie omdat die sakereddingsplan nog nie afgehandel is nie. “Die myn moet verkoop word sodat daar geld is om die werkers te betaal.” Op die vraag hoekom daar nie ’n gebeurlikheidsplan is, of begroot is om die mans te red nie, het Elliot gesê die geld is reeds bestee.

“In dié stadium wag ons op die uitkoms van ’n vergadering tussen die vakbonde en die uitvoerende raad van Mpumalanga, onder meer oor betaling. Sodra dit gedoen is, sal reddingswerk hervat word.”

Hy het gesê die kragtoevoer na die myn is onderbreek omdat koperdiewe die kabels afgesny het. Daar word dus nie vars lug ingepomp nie, en dit het metaangas laat opbou, wat ontplof het, vermoedelik toe diewe nog koperkabels afgesny het.

Die ontploffing het veroorsaak dat die myn met giftige koolstofmonoksied gevul is.

“Hulle is kabeldiewe. Hulle is nie mynwerkers nie. Hulle het hierheen gekom om koperkabels te steel. Die diefstal van koperkabels en transformators by dié myn kos waarskynlik R100 miljoen,” het Elliot gesê.

Meer oor:  Middelburg  |  Reddingspoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.