Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Reddingskenner van Vrystaat neem in Frankryk deel
Julius FleischmanFoto: Mlungisi Louw

’n Reddingskoördineerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement se opleidingskollege gaan later vanjaar met ’n handjievol van die wêreld se beste assessors in ’n reddingsuitdaging in Frankryk meeding.

Julius Fleischman (54), ’n reddingskoördineerder van die departement se opleidingskollege in Bloemfontein, is een van slegs twee Suid-Afrikaners wat gekies is om aan die 20ste reddingsuitdaging van die Wêreldreddingsorganisasie (WRO) deel te neem.

Altesaam 14 assessors uit sewe kontinente is vir dié uitdaging gekies.

Fleischman en Neville van Rensburg van Kaapstad verteenwoordig Suid-Afrika op dié uitdaging.

Wêreldklas-trauma- en -reddingspanne ding in die verskillende uitdagings teen mekaar mee en skerp sodoende hul vaardighede op. Bewusmaking rakende padsterfte-trauma word ook onder die soeklig geplaas.

Deelnemers aan die byeenkoms, wat van 12 tot 15 September in La Rochelle, Frankryk, aangebied word, woon onder meer vergaderings en werksessies by voordat hulle uiteindelik aan die uitdagings deelneem.

Fleischman, wat vir die afgelope 13 jaar in verskeie lande aan die uitdagings deelgeneem het, sê dit is ’n besonderse eer om weer gekies te word om die land te verteenwoordig.

“Dit is ’n voorreg om saam met die bestes in die wêreld byeen te kom, idees uit te ruil en nuwe tegnieke aan te leer.”

Dit is ’n voorreg om saam met die bestes in die wêreld byeen te kom, idees uit te ruil en nuwe tegnieke aan te leer.

Hy sê dit is egter vanjaar meer besonders as die vorige jare, aangesien hy dit goed gedink het om vir eers ná vanjaar se uitdaging op die kantlyn te sit en die jonger geslag ’n kans te gee.

“Dit is ’n briljante platform om verdere kennis op te doen en jou vaardighede op te skerp. Watter beter plek is daar vir die jonges om te leer?”

Fleischman sê dit is sy passie om mense te help en te ontwikkel.

“Dit gaan nie oor myself nie, maar oor mense en hoe ek hulle kan ontwikkel. Alles wat ek doen, alles wat ek vermag, is te danke aan ander. Dit is ’n spanpoging.

“Ek vra altyd wat kan ek vir jou doen voordat jy iets vir my doen.”

Hy sê hy wil graag deur sy werk en sy deelname aan die uitdaging aan ander wys dat alles moontlik is.

“Alles is moontlik. Dit begin deur in jouself te glo.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.