Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Redi Tlhabi se Twitter-rekening gekaap, gesluit

Redi Tlhabi, radiopersoonlikheid en skrywer, se Twitter-rekening is Saterdagoggend deur ’n kuberkraker aangeval.

Tlhabi se rekening is skaars ’n week voor die bekendstelling van haar nuwe boek Khwezi: The Remarkable Story of Fezekile Ntsukela Kuzwayo aangeval.

Kuzwayo is op 8 Oktober 2016 ná ’n lang siekte dood.

Sy is die vrou wat pres. Jacob Zuma in 2005 daarvan beskuldig het dat hy haar verkrag het.

Sy is deur die media die skuilnaam “Khwezi” gegee.

Volgens Aki Anastasiou, verslaggewer by Radio702, is Tlhabi se rekening deur die @starboy_team aangeval en alle twiets is geskrap.

Teen 17:30 het die rekening nie meer bestaan nie. Sy het 357 000 volgelinge gehad.

Abantu Book Festival, ’n platform vir swart skrywers en lesers, het getwiet dat sy rekening ook aangeval is deur dieselfde kuberkrakers wat Tlhabi se rekening aangeval het.

Tlhabi is tans in New York om ’n reeks Verenigde Nasies-gesprekke te fasiliteer.

“Ek kan met selfvertroue en sonder vrees sê dat dit die Staatsveiligheidsagentskap is wat agter die aanval op Redi Tlhali se Twitter-rekening is,” lui ’n twiet van adv. Tembeka Ngcukaitobi. Dit is nie bekend of dit Ngcukaitobi se regte rekening is nie.


Meer oor:  Redi Tlhabi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.