Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Reën die naweek in Wes- en Oos-Kaap verwag

Koel, bewolkte weer met reënbuie word die naweek oor grootste deel van die Wes-Kaap verwag, met ’n sterk kans op reën Sondag in die Oos-Kaap.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ook ’n waarskuwing uitgereik oor ’n uiters hoë brandgevaar Saterdag in Beaufort-Wes en die munisipale distrik van die Hantam en die Karoo Hoogland in die Noord-Kaap. ’n Sterk noordwestewind van tot 40 km/h word vir Beaufort-Wes voorspel.

Studente met sambrele stap oor Victoriastraat in Stellenbosch in die reën. Reën word die naweek oor groot dele van die Wes- en Oos-Kaap verwag. Foto: Jaco Marais

In die Wes-Kaap is daar Saterdag tot ’n 60%-kans op reënbuie in dele van die Overberg-distrik en Suid-Kaap, met ’n 30%-kans teen die middag oor grootste deel van die Suidwes-Kaap. Maksimum temperature van 25 °C en laer word oor die grootste deel van die provinsie verwag.

In Hermanus, Grabouw, Kaap Agulhas, Riversdal en Plettenbergbaai is daar ’n 60%-kans op reënbuie.

Vir Kaapstad, die Paarl, Malmesbury, Worcester, Ceres George, Mosselbaai en Oudtshoorn word ’n 30%-kans op reënbuie die middag voorspel.

In Kaapstad en George word ’n suidwestewind van tot 20 km/h verwag.

Op Beaufort-Wes is daar ook ’n 30%-kans op reën en donderweer.

In die Oos-Kaap word koel, bewolkte weer verwag en daar is ’n 30%-kans op reën in die westelikste dele.

Vir Port Elizabeth en Uitenhage word ’n 30%-kans vir reën vir die middag voorspel en ’n 60%-kans vir buie op Joubertina.

Teen Sondag is daar ’n 30%-kans op reënbuie oor die grootste gedeelte van die Wes-Kaap en koel weer van 20 °C en laer word verwag.

Vir Kaapstad word ’n maksimum van 18 °C voorspel en ’n suidoostewind van tot 20 km/h. Vir George word ’n maksimum van 19 °C voorspel en ’n suidwestewind van tot 20 km/h.

In die Oos-Kaap word koel weer met maksimum temperature van net bo 20 °C verwag met ’n 60%-kans op reënbuie oor die grootste deel van die provinsie.

In Port Elizabeth word ’n maksimum van 20 °C verwag en ’n suidwestewind van tot 40 km/h.

Vir Oos-Londen word ’n suidwestewind van tot 40 km/h voorspel en ’n windsterkte van 30 km/h vir Uitenhage, Port Alfred, Port St. Johns, Makhanda (Grahamstad) en Bhisho.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.