Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Reën die naweek kan beurtkrag net laat vererger

Haal jou reënjas en sambreel uit die kas, want swaar reën word vir die naweek in vyf provinsies voorspel.

Mense moet ook hul kerse en vuurhoutjies byderhand hou want Eskom waarsku dat die swaar reën wat vir Mpumalanga voorspel is, die gehalte van sy steenkool kan beïnvloed, berig Fin24.

As die swaar reën lank aanhou, sal ons genoop word om die noodvoorraad steenkool te gebruik, maar dit sal Eskom se huidige kragprobleme net vererger,
Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom

Khulu Phasiwe, woordvoerder van Eskom, sê die reën sal veroorsaak dat opgebergde steenkool nat word en dit kan moontlik tot beurtkrag lei.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku dat swaar reën vir Saterdag en Sondag vir Gauteng, Limpopo, KwaZulu-Natal, die Vrystaat en Mpumalanga voorspel word. Die swaar reën kan tot vloede in groot gebiede lei.

Donderstorms is vir die droogtegeteisterde Noordwes voorspel.

Die SAWD voorspel ’n moontlikheid van 60% tot 80% vir swaar reën in Gauteng, Limpopo, die Vrystaat, Mpumalanga en KZN.

Phasiwe sê Eskom het ’n “noodvoorraad” steenkool wat gebruik kan word as die reën tot skade aan steenkool in veral Mpumalanga lei.

“As die swaar reën lank aanhou, sal ons genoop word om die noodvoorraad steenkool te gebruik, maar dit sal Eskom se huidige kragprobleme net vererger,” het Phasiwe aan Fin24 gesê.

Rampbestuursentrums in Mpumalanga, KZN, Limpopo, die Vrystaat en Gauteng is op ’n gereedheidsgrondslag vir die naweek.

Die reën word veroorsaak deur ’n bolug-trog oor die westelike dele van die land wat tropiese vog saamtrek in die sentrale en oostelike dele van die land.

Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit in Limpopo, sê inwoners bid al lank vir reën.

Die Donkerpoortdam buite Modimolle (Nylstroom) het net 3% water.

Uiters hoë temperature het vandeesweek dinge in dié gebied vererger.

Die SAWD het mense in informele nedersettings en laagliggende dele gemaan om voorsorg te tref omdat die swaar reën tot oorstromings kan lei.

Laagwaterbrûe kan moontlik oorspoel en motoriste word gewaarsku om nie te probeer om deur malende water oor dié brûe te ry nie.

Rampbestuursentrums in Mpumalanga, KZN, Limpopo, die Vrystaat en Gauteng is op ’n gereedheidsgrondslag vir die naweek.

Johan Pieterse van die Tshwane-nooddienste in Pretoria sê hulle sal soos altyd gereed wees om te help waar mense onkant betrap word deur oorstromings.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê mense moet veral ’n wakende oog hou oor hul kinders wat graag in riviere en strome swem.

Meer oor:  Sawd  |  Eskom  |  Suid-Afrikaanse Weerdiens  |  Marlene Van Staden  |  Khulu Phasiwe  |  Nat Steenkool  |  Reën  |  Rampbestuur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.