Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Reën dié naweek oor dele van Gauteng verwag

Dele van Gauteng kan uitsien na die lafenis van reën die naweek.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAW) kan die eerste reënbuie oor die oostelike dele van die land teen Vrydagmiddag verwag word.

Geïsoleerde reënbuie sal ook deur die aand langs die oos- en suidkus voorkom.

Bransby Bulo, SAW-weervoorspeller, sê Saterdagoggend is daar ’n 60%-kans op reën in Gauteng, die oostelike dele van die Vrystaat en KwaZulu-Natal.

Vir Noordwes en Limpopo voorspel Bulo min reën. Saterdag en Sondag is daar net ’n 32%-kans op reën.

Dit sal wissel tussen reën- en donderstorms, sê Bulo.

Teen die aand en Sondag neem die kans op reën oor plekke in dié provinsies toe tot 80%.

Vir Noordwes en Limpopo voorspel Bulo min reën. Saterdag en Sondag is daar net ’n 32%-kans op reën.

Vir die res van die land sal dit ’n warm naweek wees, veral in die Noord-Kaap, sê Bulo.

Kapenaars sal na verwagting eers weer Maandag reën kry, en dan ook net ’n bietjie, sê Bulo.

Die SAW het aan die begin van die week gesê die reënvoorspelling vir die vroeë somermaande (November, Desember en Januarie) dui op ’n sterk moontlikheid van ondergemiddelde reënval oor die verre oostelike gedeeltes van die land, wyl bonormale reënval ’n groter moontlikheid is vir die westelike en sentrale gedeeltes van die land.

Vir Desember, Januarie en Februarie is die aanduidings dat die reënval ondergemiddeld sal wees. Terselfdertyd word warmer weer met hoë temperature dié somer verwag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.