Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Reën wink ná hittegolf Kaap tref
’n Man skuil Dinsdag teen die son onder ’n sambreel op Kampsbaai se strand in Kaapstad. Foto: Jaco Marais

Teen Vrydag is daar tot ’n 60%-kans op reën oor dele van die Wes-Kaap nadat ’n hittegolf met temperature van 40 °C en hoër die provinsie getref het.

Die hittegolf oor die Wes-Kaap en die sentrale binneland van die Namakwa-distrik in die Noord-Kaap sal na verwagting tot Donderdag duur.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor ’n uiters hoë brandgevaar Woensdag in Beaufort-Wes en die Khâi-Ma- en Hantam-munisipaliteit in die Noord-Kaap.

Uiters warm weerstoestande word ook in die Bergrivier-munisipaliteit, Klein-Karoo en Sentraal-Karoo in die Wes-Kaap en Khâi-Ma- en Hantam-munisipaliteit verwag.

Volgens die weerdiens het die kwik Dinsdag tot 40,8 °C in Oudtshoorn en 40,7 °C in Prins Albert gestyg.

Verder het die kwik in Stellenbosch tot 39,4 °C gestyg en 39,1 °C is in Worcester, 38,2 °C in Clanwilliam, 38,1 °C in Redelinghuys en 37,7 °C in die Paarl en Beaufort-Wes gemeet.

In die Noord-Kaap was die temperatuur in Calvinia 39,2 °C, terwyl 38,1 °C in Pofadder gemeet is.

Kapenaars het Dinsdag in die openbare swembad in Seepunt verligting gaan soek teen die hittegolf wat oor groot dele van die Wes-Kaap voorkom.Foto: Jaco Marais

Woensdag word ’n maksimum van 42 °C in Beaufort-Wes, 41 °C in Oudtshoorn en 40 °C in Redelinghuys verwag.

Vir Kaapstad word ’n maksimum van 32 °C en ’n suidoostewind van tot 30 km/h voorspel. Vir George word ’n maksimum van 30 °C voorspel en ’n suidooster van tot 20 km/h.

Die kwik kan ook styg tot 39 °C in die Paarl, Clanwilliam en Laingsburg en 38 °C in Worcester, Malmesbury en Ceres.

In die Noord-Kaap word ’n maksimum van 40 °C in Calvinia, 36 °C in Sutherland en 35 °C in Springbok verwag.

In die Oos-Kaap word ’n maksimum van 37 °C in Graaff-Reinet verwag en 36 °C in Cradock en Fort Beaufort.

Teen Donderdag kan die kwik tot 43 °C in Beaufort-Wes styg, tot 42 °C in Oudtshoorn en 39 °C in Worcester.

Vir Kaapstad word ’n maksimum van 32 °C en ’n suidewind van tot 40 km/h voorspel. Vir George word ’n maksimum van 30 °C voorspel en ’n suidoostewind van tot 30 km/h.

In die Paarl, Ceres, Clanwilliam en Redelinghuys word ’n maksimum van 38 °C verwag, sowel as 37 °C in Malmesbury en 35 °C in Vredendal.

In die Noord-Kaap word ’n maksimum van 39 °C in Calvinia, 36 °C in Sutherland en 34 °C in Springbok verwag.

In die Oos-Kaap word ’n maksimum van 39 °C in Graaff-Reinet en Cradock verwag, met 38 °C in Komani (Queenstown) en 37 °C in Fort Beaufort.

Teen Vrydag word koeler, bewolkte weer oor die grootste deel van die Wes-Kaap verwag, met ’n 30%- tot 60%-kans op reën in die Suidwes- en Suid-Kaap.

In George, Mosselbaai, Riversdal en Kaap Agulhas is daar ’n 60%-kans op reën.

In Kaapstad, die Paarl, Hermanus, Grabouw, Worcester en Oudtshoorn is daar ’n 30%-kans op reën, sowel as ’n 30%-kans op buie in Plettenbergbaai.

Gedeeltelik bewolkte weer en ’n 30%-kans op reën word ook oor groot dele van die Oos-Kaap verwag.

Saterdag is daar ’n 60%-kans op reënbuie in George, Mosselbaai en Riversdal, sowel as ’n 30%-kans op buie in Worcester, Hermanus, Grabouw, Kaap Agulhas, Oudtshoorn en Plettenbergbaai.

In die Oos-Kaap word ’n 30%- tot 60%-kans op reënbuie ook oor die grootste deel van die provinsie verwag.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Hittegolf  |  Reën  |  Weersvoorspelling
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.