Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Regering ‘moet BTW op sanitêre produkte afskaf’
06 September 2018

Die Vrystaatse Vroue-landbou-unie het op sy 88ste kongres by Glen buite Bloemfontein besluit om die regering te vra om geen belasting op vroulike sanitêre produkte te hef nie, soos wat die geval in Indië is.

Sarie Willemse van die Port Allen-tak in die Wesselsbron-distrik het die beskrywingspunt voor sowat 200 kongresgangers ter tafel gelê.

Sy het gesê navorsing het bevind dat bykans 30% (ongeveer 7 miljoen) van skoolgaande meisies in Suid-Afrika gemiddeld een week per maand – as hulle menstrueer – tuis bly en nie skool toe gaan nie.

Dit is omdat hulle nie die produkte kan bekostig nie, het sy gesê.

Dit bring mee dat die meisies tot sowat 90 skooldae per jaar verloor.

Die unie stel voor dat sagte stof vir die etikette gebruik word en dat dit aan die sy-naat van die kledingstuk vasgewerk word.

In sommige gevalle verlaat hulle die skool permanent.

“Verskillende projekte soos HelpHetta en Project Dignity is tot stand gebring om behoeftige meisies by te staan in die voorsiening van sanitêre produkte, maar slegs ’n klein persentasie word hierdeur bereik.”

Willemse het gesê in Indië is die produkte reeds 100% van belasting vrygestel.

“As die saak reeds internasionaal aangepak word, verdien dit ook ’n hoë prioriteit in Suid-Afrika.”

* Nog ’n beskrywingspunt wat eenparig aanvaar is, was een van Nelia van Wyk van die Jubileum-tak in Welkom dat etikette op kledingstukke, veral dié agter in die kraag, van ’n sagter stof gemaak word.

“Die growwe en harde materiaal veroorsaak dat dit krap sodat die verbruiker die etiket afsny, wat tot groot skade kan lei,” het Van Wyk gesê.

Die Verbruikersraad gaan nou versoek word om ernstig daaraan aandag te skenk.

Die unie stel voor dat sagte stof vir die etikette gebruik word en dat dit aan die sy-naat van die kledingstuk vasgewerk word.

* ’n Besluit is ook geneem om Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, te vra om ondersoek in te stel na die gewig van leerlinge se gepakte skooltasse, wat die aanbevole massa ver oorskry.

Héléne van Niekerk, bestuurder van die radiokanaal MedFM in Bloemfontein, het die beskrywingspunt ter tafel gelê en gesê volgens literatuur mag die massa van ’n skooltas nie meer as 15% van die liggaamsmassa van ’n kind wees nie.

Ondersoek moet ook ingestel word na die behoeftes van kinders met ’n IK van tussen 65 en 85 wat in die Vrystaat volgens haar net by ’n skool soos die Dr. Böhmer-skool in Bloemfontein kan skoolgaan.

Sy het haar kommer uitgespreek omdat skooltasse heelwat swaarder as dié voorskrif is.

Sy het verwys na navorsing oor die nadelige uitwerking wat swaar skooltasse op die nek en skouers van leerlinge het. Dit mag langtermynkomplikasies inhou, soos chroniese pyn en permanente posturale afwykings soos verbrokkeling, het sy gesê.

* Miemie Pretorius van die Reddersburg-tak het ’n beskrywingspunt hanteer dat die onderwysdepartement gevra moet word om dringend voorsiening te maak vir kinders met leeruitdagings in die Vrystaat.

Volgens haar is daar ’n groot behoefte aan ’n skool vir kinders wat outisme het.

By die Lettie Fouché-skool in Bloemfontein word van die kinders ingeneem, maar daar is ’n waglys van 200 name, het sy gesê.

Ondersoek moet ook ingestel word na die behoeftes van kinders met ’n IK van tussen 65 en 85 wat in die Vrystaat volgens haar net by ’n skool soos die Dr. Böhmer-skool in Bloemfontein kan skoolgaan.

Pretorius het ook versoek dat ondersoek ingestel word om skole op die been te bring vir kinders wat aan fetale alkohol-sindroom ly en vir blinde en dowe kinders.

“Op die platteland staan van die skole en koshuise leeg, wat vir die kinders gebruik kan word,” het sy gesê.

’n Besluit om vir die minister hieroor te skryf, is eenparig geneem.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Btw
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.