Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Regering wil Guptas terug hê, praat met VAE

Die regering praat op hoë vlak met die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) oor wat gedoen kan word om die voortvlugtige Gupta-familie terug na Suid-Afrika te deporteer.

Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het Woensdag by die parlement gesê selfs waar Suid-Afrika nie ’n uitleweringsooreenkoms het met ’n land waar die Guptas hulle bevind nie, kan hul deportasie deur middel van diplomatieke kanale geskied.

Michael Masutha. Foto: GCIS

“Ek is daarom nie bekommerd daaroor dat die kwessie spesiale ingryping van die regering benodig nie. Ek is ook vol vertroue dat die wetstoepassingsagentskappe die kwessie onder beheer het.”

Die Gupta-broers word gesoek weens hul beweerde betrokkenheid by staatskaping.

News24 het berig hulle is in die stad Saharanpur in die staat Uttar Pradesj in die noorde van Indië opgemerk.

Ajay Gupta is laas in Dubai gesien toe Justin van

Pletzen, ’n Suid-Afrikaanse sakeman, ’n video van hom geneem het.

Masutha het Woensdag gesê hy het ’n paar weke gelede met die VAE se ambassadeur in Suid-Afrika oor die kwessie gepraat.

“Ons het onder meer daaroor gepraat om die finalisering van die wedersydse regsondersteuning en bilaterale ooreenkomste oor die aangeleentheid te bespoedig.”

Omdat daar baie Suid-Afrikaners in die VAE werk, wil die twee lande verseker dat hul regstelsels saamwerk.

“Die proses is aan die gang.”

Masutha kon nie sê of Suid-Afrika ’n uitleweringsooreenkoms met Indië het nie.

Hy is in gereelde gesprekke met die NVG oor die kwessie. “As ek reg verstaan, is daar ook samewerking met ander lande se wetstoepassingsagentskappe oor hierdie aangeleentheid.”

Hy het die nuuskonferensie by die parlement gehou kort voor sy begrotingsrede vir die kantoor van die hoofregter.

Hy sê R2,1 miljard is vir die 2018-’19-boekjaar aan die kantoor toegeken. Hiervan sal sowat R1 miljard vir die vergoeding van regters aangewend word.

Meer oor:  Michael Masutha  |  Guptas  |  Terug
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.