Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Regstappe dreig ná selfoontorings se batterye gevind is

Die eienares van ’n skrootmetaalonderneming in Port Elizabeth oorweeg regstappe teen die polisie omdat sy glo onregmatige in hegtenis geneem is.

Dit kom nadat die polisie Dinsdag op Madiba Scrap Metal in Noordeinde toegeslaan het en die vrou, asook twee van haar werknemers in hegtenis geneem het.

Die polisie het toegeslaan nadat inligting ontvang is dat die gesteelde batterye van selfoontorings na bewering daar gehou word.

Van die 19 selfoontoringbatterye wat die polisie in ’n skrootmetaalonderneming in Port Elizabeth gevind het. Foto: Verskaf

Kapt. Johan Rheeder, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Dinsdagoggend by die onderneming op 19 selfoontoringbatterye beslag gelê. Die gesamentlike waarde is sowat R150 000.

Die polisie het ook die onderneming se deure gesluit omdat daar na bewering nie aan die toepaslike regulasies voldoen word nie.

Rheeder sê benewens die batterye wat gekonfiskeer is, is ook op koperdraad afgekom.

Maar Carol Jacobs, die eienaar van die onderneming, se man, Morné, beweer daar was geen koperdraad nie.

Hy voer verder aan dat ’n onbekende man vroeër Dinsdagoggend die selfoontoringbatterye in hul onderneming neergesit het. “Ons het geensins daardie batterye daar gestoor of verkoop nie.”

Nadat die polisie Jacobs se vrou en haar twee werkers in hegtenis geneem het, sê hy dat hy die grootste deel van Dinsdag probeer het om die man op te spoor wat die batterye glo in die onderneming neergesit het.

Volgens Jacobs is dié man Dinsdagaand met die hulp van sy kontakte opgespoor en in hegtenis geneem.

Sy vrou en die werkers is Woensdagoggend vrygelaat sonder om in die hof te verskyn.

“My vrou is nie baie gesond nie. Sy het vreeslik gesukkel in die tyd dat sy in aanhouding was. Ek is baie ontevrede oor die polisie se optrede en hantering van die saak. Dit was ’n onregmatige inhegtenisneming.

“Die winkel is ook nog gesluit en ons verloor geld. Ons gaan dit nie hier los nie, ons gaan regstappe doen,” sê Jacobs.

Rheeder het Woensdagmiddag by navraag gesê die Valke het die saak oorgeneem en hulle sal verder vir kommentaar genader moet word. Kapt. Anelisa Ngcakani, Valke-woordvoerder, het nie Woensdagmiddag onmiddellik op navrae reageer nie, maar Netwerk24 het betroubaar by ’n polisiebron verneem dat ’n man wel Dinsdagaand in verband met die batterye in hegtenis geneem is.

Dié man sou glo Woensdagmiddag uitwysings aan die polisie oor die batterye se oorsprong doen.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Hof  |  Selfoontorings  |  Regstappe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.