Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Regstappe oorweeg ná boek oor De Zalze-moorde

Marli van Breda se regspan oorweeg regstappe teen Jaap Rabie, skrywer van die boek Die De Zalze moorde – die storie agter die storie – en sy uitgewer.

Adv. Louise Buikman, SC, Marli se kurator, het Woensdag bevestig sy oorweeg dit om Rabie vir skadevergoeding te dagvaar omdat hy inbreuk gemaak het op Marli se privaatheid.

Rabie het sy boek einde Oktober gepubliseer en in ’n eksklusiewe onderhoud aan Netwerk24 gesê: “Die saak is wat my betref klaar,” oor waarom hy die boek voor die einde van die hofsaak gepubliseer het.

Rabie is ’n vriend van die vermoorde Teresa van Breda se suster, Leenta Nel, wat in Kanada woon. Nel het Rabie ondersteun met die skryf van die boek en het inligting verskaf vanuit die binnekringe van Teresa se familie.

Jaap Rabie se boek vir eers van die rakke af. Foto: Verskaf

Martin (54), Teresa (55) en Rudi van Breda (22) is op 27 Januarie 2015 in hul huis op die luukse De Zalze-gholflandgoed buite Stellenbosch wreedaardig met ’n byl vermoor. Marli (16) en Henri (20) het die aanval oorleef. Henri is 17 maande later in hegtenis geneem nadat hy hom aan die polisie oorgegee het. Sy moordverhoor het in Maart 2017 begin. Die verhoor is vandeesweek uitgestel tot Maandag.

Buikman sê nie net het Rabie die hofbevel van die hooggeregshof in Kaapstad verontagsaam deur foto’s van Marli in die boek te publiseer nie, maar hy het “sensitiewe en aanstootlike inligting, wat as feite gestel is” gepubliseer.

“Dit maak inbreuk op Marli se reg tot privaatheid en waardigheid en dit is ’n oortreding van die hofbevel.”

As Marli se kurator sal Buikman nie die minagting van die hofbevel duld nie en die oortreders sal vervolg word.

Buikman bevestig hulle het met die uitgewer onderhandel om nie die boek verder te druk en te versprei nie en alle kopieë sal van die rakke verwyder word.

Rabie het Woensdagoggend in ’n WhatsApp-boodskap gesê hy wil nie kommentaar oor die jongste verwikkelinge lewer nie.

Meer oor:  Marli Van Breda  |  Henri Van Breda  |  Stellenbosch  |  Bylmoorde  |  De Zalze-Moorde  |  Boek  |  Regstappe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.