Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
OORSIG: 'Laat gearresteerdes vry!' eis betogers

Duisende betogers wat Woensdagoggend in Kaapstad betoog het, het die stad ingevaar en strate versper.

Die betogers, meestal lede van die #AmINext-groep wat ontevrede is oor die geweld teen vroue en kinders, het aanvanklik voor die parlement betoog, maar het omstreeks 11:00 na die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) beweeg waar wêreldleiers byeen gekom het vir die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF).

Hulle het geëis dat pres. Cyril Ramaphosa, wat die oggend die konferensie geopen het, hulle toespreek. Hulle het ook die veiligheidsversperrings langs die Kiks probeer oopbreek, maar 'n swaar polisieteenwoordigheid het weerstand gebied waarna die groep na die N1 begin beweeg het.

Die groep is kort voor spitstyd steeds in verskeie dele van die middestad waar hulle paaie versper. Die grootste gebiede wat geraak word is rondom die Kiks.

 

Hierdie strate is gesluit:

Volg die regstreekse dekking hier.

04 Sep. 16:41:55

Betogers bly voor die Kaapstad-Sentraal-polisiekantoor om te wag of enige van die agt wat in hegtenis geneem is, vrygelaat gaan word.

Netwerk24 hou die situasie dop. 

04 Sep. 16:35:28

04 Sep. 16:25:35

Van die betogers sit nou in die pad voor die polisiekantoor en die res staan en wag om te hoor of hul medebetogers vrygelaat gaan word.

04 Sep. 16:23:40

04 Sep. 16:22:35

04 Sep. 16:17:08

Na verneem word is agt betogers in hegtenis geneem.

04 Sep. 16:16:51

Een van die betogers in 'n rooi EFF hemp en beret spreek die skare toe oor 'n luidspreker en sê hulle eis dat die stasiebevelvoerder uitkom en betogers wat in hegtenis geneem is, vrygelaat word.

04 Sep. 16:14:21

Die betogers het nou by die polisiekantoor aangekom en staan in Buitenkantstraat en sing.

04 Sep. 16:09:50

Polisielede staan gereed in Buitenkantstraat vir die betogers wat aankom.

04 Sep. 16:06:21

Die betogers stap in na die Kaapstad-Sentraal-polisiekantoor.

Meer oor:  N1  |  Geslagsmisdade  |  Student  |  Verkragting  |  Geslagsgeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.