Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
OORSIG: Schweizer – Unie kry regsadvies vir onderwyseres

Emosionele tonele het by die Laerskool Schweizer-Reneke afgespeel toe ouers hul kinders uit die skool gehaal het. Dit volg nadat 'n klein groepie betogers Donderdagoggend op die skool in Noordwes toegesak het.

Dit kom nadat 'n foto wyd op sosiale media gedeel is wat wys hoe wit en swart kinders, glo in 'n gr. R-klas by die skool, apart sit. Besorgde ouers het by die skoolterrein saamgedrom om te wag dat hul kinders verwyder word. 

Een só 'n ouer, wat anoniem wil bly, sê die skool het die ouers laat weet om hul kinders te kom haal. "Dit gaan oor die kinders se veiligheid," het hy gesê.

'n Stuk van die palissadeheining is oopgebreek om die kinders uit te kry.

Van die ouers het gehuil omdat hulle nie hul kinders kon opspoor nie.

'n Span onder leiding van die LUR vir onderwys en sportontwikkeling in Noordwes, Sello Lehari, sou Donderdag die skool besoek om ondersoek in te stel.

10 Jan. 15:19:21

10 Jan. 15:05:04

Unie kry regsadvies oor tydelike skorsing van onderwyseres

Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), het bevestig dat die onderwyseres 'n lid van die SAOU is.

Die vakbond sal Vrydag die Laerskool Schweizer-Reneke besoek.

Hulle win ook regsadvies in oor die tydelike skorsing van die onderwyseres. - berig Marietie Louw-Carstens

10 Jan. 14:41:54

Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU), sê hulle is in gesprek met die Laerskool Schweizer-Reneke se onderwysers.

Hy sê dit is nog nie duidelik of die geskorste onderwyseres 'n SAOU-lid is nie. - Marietie Louw-Carstens

10 Jan. 14:34:08

Die verklaring deur die skoolbeheerliggaam.

10 Jan. 14:20:59

10 Jan. 14:19:05

Menseregtekommissie besoek skool

Die Menseregtekommissie (MRK) het die Laerskool Schweizer-Reneke besoek om ondersoek in te stel. 

Volgens Gail Smith, woordvoerder van die MRK, duur die ondersoek nog voort. - Marietie Louw-Carstens

10 Jan. 13:58:37

Pa sê 'arme kindertjies weet nie waaroor dit gaan'

"Ek moet vanaand aan my 5-jarige kind 'n deel van ons land se geskiedenis verduidelik wat ek nie nou al gereed was om te doen nie."

Só sê 'n pa van Schweizer-Reneke in Noordwes waar 'n rasseherrie ontstaan het, nadat 'n foto op sosiale media geplaas is, wat wys hoe swart gr. R leerlinge by 'n aparte lessenaar  as wit gr. R-leerlinge sit. Die man word nie geïdentifiseer nie om sy minderjarige kind te beskerm. Sy kind is in die betrokke graad R-klas.

"Ek weet nie presies wat  Dinsdag in die klas gebeur het nie. Al wat ek weet is dat die arme kindertjies nie weet waaroor dit gaan nie."

Hy sê sy kind het geen bewustheid van apartheid of segregasie nie. Die kind het 'n goeie verhouding met kinders van alle rasse.

"Ek is hartseer oor wat by die skool gebeur het," sê hy.

Hy sê dit gaan reeds broekskeur met die gemeenskap van Schweizer-Reneke weens die ekonomie wat druk.

"Ons moet mense behandel soos ons self behandel wil word. Die laaste ding wat ons nou in die dorp nodig het is konflik." - Marietie Louw-Carstens

10 Jan. 13:39:21

Die skoolbeheerliggaam het bevestig 'n onderwyseres is geskors, met betaling, hangende 'n ondersoek oor beweringe dat sy die leerlinge apart laat sit het.

10 Jan. 13:34:52

Jozeph du Plessis, die skoolbeheerliggaam se voorsitter, voer onderhoude met die betrokkenes.

Personeel is in die personeelkamer byeen.

Die atmosfeer by die skool is aansienlik minder gespanne. Die betogers en amptenare van die departememt van onderwys en sportontwikkeling is reeds weg. 

10 Jan. 13:30:04

Wie is die juffrou?

Verwarring heers oor wie die onderwyseres is wat die gr. R-kinders apart laat sit het.

Die DA het in 'n verklaring die naam van 'n gr. R-onderwyseres by die Laerskool Schweizer-Reneke bekend gemaak. 

Christiaan du Plessis, Netwerk24 se verslaggewer by die skool, berig die skool se beheerliggaam het dieselfde naam aan joernaliste genoem.

Inwoners van die dorp, asook een van die kinders in die betrokke klas se pa identifiseer egter 'n ander gr. R-onderwyseres by die skool.

Albei die onderwyseresse kan nie op sosiale media opgespoor word nie.

Daar is nou onsekerheid of die onderwyseres wat geskors is die klasjuffrou is en of sy die foto geneem het.

Netwerk24 probeer albei opspoor.

Hou die regstreekse dekking dop vir 'n onderhoud met een van die kinders in die omstrede klas se ouers.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.