Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
OORSIG: Schweizer – Unie kry regsadvies vir onderwyseres

Emosionele tonele het by die Laerskool Schweizer-Reneke afgespeel toe ouers hul kinders uit die skool gehaal het. Dit volg nadat 'n klein groepie betogers Donderdagoggend op die skool in Noordwes toegesak het.

Dit kom nadat 'n foto wyd op sosiale media gedeel is wat wys hoe wit en swart kinders, glo in 'n gr. R-klas by die skool, apart sit. Besorgde ouers het by die skoolterrein saamgedrom om te wag dat hul kinders verwyder word. 

Een só 'n ouer, wat anoniem wil bly, sê die skool het die ouers laat weet om hul kinders te kom haal. "Dit gaan oor die kinders se veiligheid," het hy gesê.

'n Stuk van die palissadeheining is oopgebreek om die kinders uit te kry.

Van die ouers het gehuil omdat hulle nie hul kinders kon opspoor nie.

'n Span onder leiding van die LUR vir onderwys en sportontwikkeling in Noordwes, Sello Lehari, sou Donderdag die skool besoek om ondersoek in te stel.

10 Jan. 12:48:57

AfriForum veroordeel 'uitbuiting van ras'

AfriForum veroordeel politici wat die situasie by die Laerskool Schweizer-Reneke, "dadelik vir hul eie gewin uitgebuit het, sonder om eers die presiese agtergrond van die foto wat op sosiale media geplaas is vas te stel, sê Alana Baily, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum.

Partye insluitende die EFF, ANC en DA het reeds hul opinies gelug en die skool veroordeel, sonder dat ’n behoorlike ondersoek gedoen is om die feite vas te stel. Daardeur is kinders misbruik vir die partye se ideologiese doelwitte en aan traumatiese ontruiming blootgestel, wat ’n onaanvaarbare situasie is.

Baily sê dat daar ander foto's is wat aandui dat die klasgroep geroteer het en dat kinders van verskillende rasse ook saam by lessenaars in die klas gesit het. 

“Wat ook al die waarheid agter die storie is, al die skool se leerlinge is getraumatiseer, hul onderrig is ontwrig en die gemeenskap is gepolariseer.  Enige rasionele ondersoek van die feite en bevindings oor die agtergrondgebeure wat die foto’s voorafgegaan het, gaan gevolglik nou deur die emosionele reaksie oorskadu word.  Dit gaan moeilik omkeerbare skade by baie laat, wat tragies is,” sê sy. - Marietie Louw-Carstens

10 Jan. 12:45:44

10 Jan. 12:42:24

Nog 'n ouer het na vore gekom oor die foto's.

Dié ouer, wie se identiteit nie bekend gemaak is nie om die kind te beskerm, sê toe sy vroeër die oggend voor die aanvang van die skooldag saam met haar kind by die skool opdaag, was die kinders se name reeds op die tafels. Plakkers op die tafels en op hul voorskote het aangedui waar hulle moet sit.

Sy het nie aanvanklik gesien wie langs haar kind geplaas is nie aangesien die skooldag toe pas sou begin.

Die ouer sê dit is nie die waarheid dat die kinders weens taal geskei is nie.

10 Jan. 12:33:53

10 Jan. 12:15:30

Die skoolbeheerliggaam gaan nou met die betrokke onderwyseres vergader om haar van haar skorsing in te lig.

10 Jan. 12:03:45

Klag by Menseregtekommissie ingedien

Die jong kommunistiese liga van Suid-Afrika en die SAKP het 'n formele klag by die Menseregtekommissie en die kantoor van die openbare beskermer ingedien. Hulle eis 'n dringende vergadering met die LUR vir onderwys aangesien 'n vorige versoek van hulle aan die departement geïgnoreer is waarin hulle beweer swart kinders word nie tot die betrokke skool toegelaat nie.

"Ons eis dat die LUR antwoord op die memorandum wat ons verlede jaar tydens 'n betoging oorhandig het waarin ons die beleid van regstellende aksie in skole wou afdwing."


10 Jan. 11:53:51

Nog 'n foto wat op sosiale media geplaas het wys hoe die kinders omgeruil is. 

10 Jan. 11:48:23

Op sosiale media, waar 'n storm losgebars het, word ook gevra waarom die "Engelse tafel" dan eenkant geskuif is.

 

10 Jan. 11:46:44

Dít is wat gebeur het, sê ouer

'n Ouer het vanoggend aan Jacaranda FM gesê die ouers van die betrokke klas is almal op een WhatsApp-groep gevoeg. Die onderwyseres het teen 09:00 die ouers laat weet dit gaan goed in die klas waarna sy die gewraakte foto met hulle gedeel het.

Die ouer beweer swart ouers het onmiddellik die skoolhoof gebel waarna die swart kinders geskuif is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.