Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
OORSIG: Chester roerend gegroet

Die begrafnisdiens vir die oud-Springbokvleuel en rugbylegende Chester Williams is by die Nuweland-rugbystadion in Kaapstad gehou.

Williams het altyd aan sy vrou, Maria, gesê dat sy begrafnis eendag 'n viering van sy lewe moet wees.

Dit was vandag met sy begrafnis presies dit gewees. Die sangeres PJ Powers, self 'n familievriend van Chester en Maria, het die koorgedeelte van die lied "Jabulani", na "Chester Williams" verander, met rouklaers wat uit hul harte saamgesing en só hulde gebring het aan 'n geliefde eggenoot, pa, seun, broer en seun van Suid-Afrika.

Rus in vrede, Chester Williams. 

So het die diens verloop:

14 Sep. 14:12:40

Alan Winde, Wes-Kaapse premier, saam met Maria, Chloe en Ryan.

14 Sep. 14:11:50

Dani Dinu, Chester se vriend uit Roemenië, sy broer Emile Williams en Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur.

14 Sep. 14:10:08

Francois Pienaar, kaptein van die '95-Bokspan.

14 Sep. 14:05:26

Rouklaers klap vir 'n minuut hande, terwyl "Chester, Chester, Chester..." uit die stadion opklink.

14 Sep. 13:57:37

Die lied "You Raise me Up" van Josh Groban word gesing.

14 Sep. 13:48:32

Die kis soos gesien kan word in die ruimte waar spelers gereed maak voor hulle op Nuweland sou uitdraf.

14 Sep. 13:45:30

14 Sep. 13:41:11

PJ Powers sing die '95-wêreldbekerlied "The World in Union". 

14 Sep. 13:32:40

Chester moes in bus verklee, sê Mthethwa

 

Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, is op die podium:

Ons het getreur sedert die dag waarop hy ophou asem haal het.

Chester het altyd daarvan gedroom om 'n Springbok te wees. Hy moes hard werk om dit te bereik. Hy sal altyd onthou word as 'n stervleuel en die enigste speler wat uit 'n voorheen benadeelde omgewing gekom het. 

Hy het per bus na sportvelde gery en daar teen wit spelers gespeel. Hy moes in die bus verklee. Hy het nie na funksies ná die wedstryde gegaan nie, dit was hom nie beskore nie, maar hy wou speel. Hy het na-ure van openbare vervoer gebruik gemaak.

Hy wou nooit 'n kwota-speler wees nie. Want dit was hy nie. Sy outobiografie het die lig gewerp op 'n spel wat nog nie gereed was vir 'n vleuel soos hy nie.

Hy was die gesig van die 1995-Springbok-wêreldbekerspan. Sy gesig was die eerste wat jy op busse gesien het.

Ons harte is seer oor sy afsterwe. Ons gedagtes is met sy familie en sy geliefdes. Niks is seerder as om van 'n geliefde afskeid te neem nie.

Mag die herinneringe aan hom jul seer wegvat.

As die regering is ons dankbaar dat so baie mense vandag en die afgelope tyd daar was om julle by te staan. Aan Maria, ons suster, die kinders, staan sterk.

14 Sep. 13:29:41

Patricia de Lille, familievriendin en die tweeling se peetma, praat nou terwyl Chester se pa, Wilfred, by haar op die podium staan:

Daar is baie boodskappe van ondersteuning. Maar ons gaan deur slegs 'n paar.

Sy lees boodskappe van onder meer die All Blacks, die Nieu-Seelandse Rugbyraad, Sasco en SA Rugby.

"Dit was met hartseer dat ons van sy heengaan op 49 gehoor het.

"Lank nadat hy sy stewels opgehang het, was hy nog betrokke."

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.