Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
#SAUK8-saak uitgestel, regter looi uitsaaier
Die agt verslaggewers wat deur die SAUK afgedank is omdat hulle redaksionele beleid uitgedaag het is vandag in die arbeidshof in Johannesburg. Hulle vra dat hul aanvanklike skorsing en gevolglike afdanking ter syde gestel word. Volg ons dekking van die dag se gebeure regstreeks hier.
21 Jul. 11:38:35

Dirk Hermann het ná die hofverrigtinge gesê die SAUk se regspan het klaar voorbrand gemaak dat hul nie betyds die antwoordende hofstukke Donderdagaand 19:00 gereed gaan hê nie. "Hulle kan maar laat wees. Hulle gaan nie wegkom van Vrydag se hofsitting om 12:30 nie. Die regter is klaar geïrriteerd omdat hulle nie Donderdag gereed was nie." - Hannes Kruger.

21 Jul. 11:03:30

Solidariteit sê in 'n verklaring:

“Ongeag die onlangse Okosa uitspraak en die uitspraak gister in die hooggeregshoof het die SAUK met hul uitsteltaktiek weereens getoon dat hy die regsprosesse van Suid-Afrika minag. Dit wil voorkom asof die SAUK dink dat hy bo die land se regstelsel verhewe is. Ons het egter niks meer van die SAUK verwag gebaseer op hul onlangse handeling nie,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.   Hermann het voorts gesê dat die vakbond hom nie deur die SAUK sal laat afskrik nie. “Ons sal bly veg om te verseker dat geregtigheid vir hierdie joernaliste seëvier,” het Hermann gesê

21 Jul. 10:59:23

Regter Robert Lagrange het 'n versoek van die SAUK om die geding tot Vrydag 12:30 toe uit te stel toegestaan.

Hy het dit egter duidelik gemaak die SAUK moes voorsien die kwessie tussen hom en agt afgedankte werknemers en kontrakteurs sou in die arbeidshof eindig: "Daar is niks belangriker as die saak voor dié hof nie."

Adv. Bantubonke Tokota SC, vir die SAUK, het gesê die uitsaaier sal sy pleitstukke teen vanaand 19:00 indien. Meer volg later. - Claudi Mailovich

21 Jul. 10:02:18

'n Wye skoot van die arbeidshof vanoggend. Die #SAUK8 se regspan is aan die linkerkant van die foto en die SAUK se regspan aan die regterkant. Foto: Felix Dlangamandla.

21 Jul. 09:50:51

Dirk Hermann, Solidariteit-bestuurshoof, by 'n nuuskonferensie Donderdagoggend: "Die arbeidsaak Vrydag is nie tussen die SAUK en sy geskorste joernaliste nie, dit is tussen Hlaudi Motsoeneng en Suid-Afrika se demokrasie."

21 Jul. 09:49:15

Dirk Hermann (middel), Solidariteit se bedryfshoof, konsulteer met die #SAUK8 se regspan. Foto: Felix Dlangamandla.

21 Jul. 09:47:00

Die SAUK-joernaliste Jacques Steenkamp, Foeta Krige en Suna Venter in die arbeidshof in Johannesburg. Hofverrigtinge begn om 10:00. Foto: Felix Dlangamandla.

21 Jul. 09:36:35

Die arbeidsaak Vrydag is nie tussen die SAUK en sy geskorste joernaliste nie, dit is tussen Hlaudi Motsoeneng en Suid-Afrika se demokrasie.

Dirk Hermann, bedryfshoof van die vakbond Solidariteit, wat optree namens vier van die geskorste joernaliste, het dié punt Donderdagagoggend op ‘n mediakonferensie in Braamfontein in Johannesburg beklemtoon.

Solidariteit vra dat die joernalsite se afdankings ter syde gestel word en dat die dissiplinêre proses in die geheel opgeskort moet word. Die vakbond tree namens die afgedankte joernaliste Foeta Krige, Suna Venter, Jacques Steenkamp en Krivani Pillay op. 

Die vier joernaliste is Maandag afgedank. Vuyo Mvoko, Busi Ntuli, Thandeka Gqubule en Lukhanyo Calata, die ander vier joernaliste wat deel is van die #SAUK8, het almal Dinsdag die trekpas gekry. Laasgenoemde vier word nie deur Solidariteit verteenwoordig nie, maar Hermann sê dié saak kan ’n presedent vir die res van die joernaliste skep.

Die aanvanklike skorsings en dissiplinêre prosedure het gevolg nadat die joernaliste volgens die SAUK teen sy beleid opgetree het deur onder meer in die openbaar kommentaar te lewer oor van die korporasie se redaksionele besluite.

Herman het aangedui Solidariteit gaan in die arbeidsaak tussen die afgedankte joernaliste en die SAUK pertinent vra dat daar bepaal moet word wie verantwoordelik is vir die afdanking van die joernaliste. 

Die vakbond wil hê dié persone moet in hul persoonlike hoedanigheid aanspreeklik gehou word vir die koste van die arbeidsaak. Volgens Hermann het die SAUK nog geensins antwoordende stukke by die arbeidshof ingedien nie.

Solidariteit verwag dat die SAUK aansoek gaan doen dat die saak uitgestel word. Hermann het gesê dat hulle dit ten sterkste sal teenstaan omdat die SAUK meer as genoeg kennis gehad het om vir die saak voor te berei.

Steenkamp, Krige en Venter was al drie by die mediakonferensie. Hermann het egter namens Pillay, wat siek is, verskoning gemaak. - Claudi Mailovich

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.