Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
OORSIG: ‘Chester sou wou hê dat roubeklaers sing en dans’

'n Gedenkdiens vir die ontslape Springbokrugbyvleuel Chester Williams is by die Universiteit van die Wes-Kaapland (UWK) se hoofsaal in Bellville gehou. 

  • Williams is Vrydagaand omstreeks 18:00 aan 'n hartaanval dood nadat hy van erge pyn in sy bors gekla het. 
  • Die voormalige Springbok-vleuel is dikwels beskou as die gesig van die span in die 1995-Wêreldbekerrugbytoernooi. Sy foto het oral verskyn.
  • Willaims het tussen 1993 en 2000 in 27 toetse vir die Bokke gespeel en het 14 drieë gedruk.
  • Sedert sy uittrede was hy aktief betrokke by afrigting. Hy was onder andere as ’n breier betrokke by die Springbok-sewesspan, die Superrugby-span van die Cats, asook by die Pumas. Hy was ten tyde van sy dood die hoofafrigter van die Universiteit van Wes-Kaapland se Varsitybeker-span.

LEES OOK:

Chester wou nie 'morbiede' gesigte by sy begrafnis hê

Chester twiet ure voor sy dood nog oor Japan, sy bier

'Mandela het Chester beskou as simbool van versoening'

11 Sep. 14:33:21

Hiermee sluit Netwerk24 se regstreekse dekking van die verrigtinge. 

Hou Netwerk24 dop vir meer. 

11 Sep. 14:28:21

Die roubeklaers staan op en gee 'n applous vir Chester Williams. 

Die liedjie "Loslappie" deur Kurt Darren speel nou. 

11 Sep. 14:24:02

Die UWK se koor betree die verhoog. 

Hulle sing 'n tradisionele lied genaamd "Ukuthula."

"Ukuthula" is die Zoeloewoord vir vrede.

11 Sep. 14:21:48

Chester se seun, Ryan, kry nou 'n spreekbeurt. 

Hy bedank almal wat op die diens teenwoordig is. 

"Ons het hom almal goed geken en ek kan nie iets vir julle vertel wat julle nie reeds weet nie. Hy was 'n baie nederige mens. Dankie vir die ondersteuning, nie net vir ons gesin nie maar die hele familie," sê Ryan. 

"Een ding wat my pa altyd vir mense gesê het wat hom spot oor sy klein kuite, hy het hulle dan gevra of hulle al 'n perd se kuite gesien het."

Die roubeklaers lag. 

Ryan bedank almal weer. 

11 Sep. 14:19:12

Johnny Burger, voorsitter van die Suid-Afrikaanse heldesaal, sê Chester het vir hom hoop gebring en geleer wat dit beteken om 'n goeie eggenoot en pa te wees.

11 Sep. 14:17:31

Maria, die tweeling Chloe en Matthew, en Ryan. Foto: Jaco Marais

11 Sep. 14:13:38

Kammies is weer op die verhoog. 

"Hierdie is wat Chester wou hê, vir julle om te sing en te dans!"

11 Sep. 14:10:17

Chester Williams se vrou, Maria, toe sy op die verhoog oor haar man gepraat het. Foto: Jaco Marais

11 Sep. 14:08:49

PJ Powers sê sy dra dié lied aan Chester, "die goeie man" op. 

"Sy familie het eerste gekom, asook sy liefde vir rugby, potjiekos en braai. Hierdie is om sy lewe te vier."

Die musiek begin weer speel. Sy sing nou "Jabulani."

Die roubeklaers staan en sing saam. 

11 Sep. 14:03:27

Die sangeres PJ Powers gaan nou na die verhoog. 

"Hierdie een is vir Chester Williams."

Sy sing dan die liedjie "World in Union".

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.