Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
James Small: 'n Passievolle legende word onthou

Die Springbokvleuel James Small is Woensdag aan vermoedelik 'n hartaanval oorlede. Hy was vyftig jaar oud. Netwerk24 berig regstreeks oor dié grootse Bokspeler se lewe en dood. 

10 Jul. 21:58:35

ANC huldig Small

James Small was ’n patriot, het die ANC Woensdag gesê.Die party het in ’n verklaring gesê die voormalige Bok-vleuel het “soos ’n soldaat op die speelveld geveg en was bereid om met sy stewels aan te sterf”.

Hy was lid van die “klas van 1995” wat “ontsaglik bygedra het tot die vereniging van die nasie en om Suid-Afrika se manhaftigheid op die sportveld ten toon te stel.


10 Jul. 17:04:30

Naka gesels oor die Wêreldbeker

10 Jul. 16:58:23

Darren Scott het hulde aan sy vriend op Facebook gebring. 

10 Jul. 16:31:50

Saskok rou saam

Die Suid-Afrikaanse sportfederasie en Olimpiese komitee  het Woensdagmiddag in 'n verklaring gesê James Small sal onthou word as 'n lid van die span wat die Wêreld-rugbybeker verower het.

"Ons is baie hartseer oor die dood van 'n groot sportman wat baie bygedra het tot rugby in Suid-Afrika. Ons betwyfel geensins dat sy nalatenskap sal voortduur nie en dat die land se jeugdiges sy nalatenskap sal gebruik as inspirasie nie. Mag James se siel in vrede rus. Ons dink aan sy familie en vriende in hierdie hartsseer tye," het Gideon Sam, Saskok-president, gesê. 

Die All Blacks en Wallabies het ook van hulle laat hoor

Die gewilde kuierplek in Kampsbaai, Cafe Caprice, het ook hulde aan Small gebring. Small was een van die eienaars wat Cafe Caprice begin het. Hy het later sy aandele daarin verkoop. 

Meer oor:  James Small  |  Huldeblyke  |  Legende  |  Springbok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.