Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
James Small: 'n Passievolle legende word onthou

Die Springbokvleuel James Small is Woensdag aan vermoedelik 'n hartaanval oorlede. Hy was vyftig jaar oud. Netwerk24 berig regstreeks oor dié grootse Bokspeler se lewe en dood. 

SuperSport gaan as huldeblyk aan James Small weer die Wêreldbekereindstryd uitsaai. 

10 Jul. 16:16:04

Small en die Bokkaptein, Francois Pienaar, omhels mekaar op die veld. Foto: Getty Images 

10 Jul. 16:16:00

Small was passievol op die veld. Hier sing hy die volkslied. 

10 Jul. 16:15:56

Die vreugde van 'n wonderlike dag in rugby en Suid-Afrika se geskiedenis. Die Bokke klop op 24 Junie 1995 die All Blacks in die eindstryd van die Wêreldbeker-toernooi op Ellispark.

10 Jul. 16:15:52

'n Paar foto-herinnering van 1995 

10 Jul. 16:11:25

Jonah Lomu probeer Small uit sy pad stoot tydens die Wêreldbeker-eindstryd op 24 Junie 1995. 

Talle vriende wat Small onlangs gesien het, het hom op Twitter gegroet.

Hulde van politici

10 Jul. 15:59:09

Small skud sy kop oor Suzy

Met die Bokke se reünie op Ellispark het Netwerk24 se verslaggewer Small uitgevra oor die berugte Suzy, die '''persona'' wat die All Blacks aanvoer iets in hul kos gegooi het wat hulle siek gemaak het voor die rugbywêreld-einstryd. 

10 Jul. 15:56:37

SA rugby se James Dean

Small was die spreekwoordelike James Dean van Suid-Afrikaanse rugby. 'n Rebel met sy Harley Davidson-motorfiets en vurige humeur. 

Net so passievol soos hy op die veld was, net so vurig was hy in sy privaat lewe.

Sy stormagtige verhouding met die model Christina Storm was gereeld in die nuus. Hulle het 'n veertienjarige dogter, Ruby, saam.  

Daar was aantygings dat Small Storm te lyf gegaan het. Toe sy hom verlaat het, het hy ook glo sy eie lewe probeer neem. 

Dié verhouding het later verbrokkel.

Meer oor:  James Small  |  Huldeblyke  |  Legende  |  Springbok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.