Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
OORSIG: Ondersteuners in PE nog nie moeg van die Bokke nie

Die Springbok-rugbyspan is Sondag op hul oorwinningparade met die Web Ellis-trofee in Port Elizabeth. Inwoners van Siya Kolisi se geboortedorp het ten spyte van die eendeweer in hul massas die strate begin invaar.


10 Nov. 16:05:06

Ondersteuners het by die Greenacres-winkelsentrum waar hulle die seëvierende Springbokspan kon sien. Foto: Lynn Williams

10 Nov. 15:04:45

Die Bokke is nou in Motherwell. Hier, nes ook op die ander besoekpunte, drom ondersteuners die strate vol. Foto: Lulama Zenzile

10 Nov. 14:46:57

Wat het tydens vanoggend se perskonferensie voor die parade gebeur? Kyk hier: 

10 Nov. 14:33:46

Volgens Lynn Williams is die Bokke se bus na die Greenacres-inkopiesentrum onderweg.

10 Nov. 14:25:51

Sommige ondersteuners het sommer van die pad af getrek en die Bok-bus ingewag. Foto: Lynn Williams.

10 Nov. 14:10:02

Uitenhage se strate weergalm met die geluide van polisiesirenes en toeskouers wat hul Bok-helde luidkeels toejuig. Die dowwe getoeter van karre verdrink onder die see van mense se stemme. 

10 Nov. 14:01:43

Die toer deur Despatch is klaar. Die bus ry nou deur Uitenhage, wat onder aanhangers ook as Klein Kiwiland bekendstaan, berig Lynn Williams. 

10 Nov. 14:00:54

Dié twee ondersteuners het seker gemaak hulle is naby genoeg aan die Bok-bus sodat Siya hul spesiale plakkaat kon raaksien. Foto: Lynn Williams. 

10 Nov. 13:55:02

Faf de Klerk, is dit dalk jou broer? Dié ondersteuner langs die roete het nie dat die gure weer hom afskrik om sy steun aan die Bokke te wys nie. Foto: Lynn Williams

10 Nov. 13:53:13

Nog ondersteuners langs die paraderoete.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Springbokke  |  Bokparade
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.