Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
OORSIG: Held sleep man uit motorwrak in Worcester
'n Enorme brand woed in Worcester nadat 'n tenkwa vroegoggend ontplof het. Volg ons regstreekse dekking hier.
10 Jul. 12:14:49

Die uitgebrande wrak van die gastenkwa in Worcester. Foto: Jaco Marais

10 Jul. 12:09:09

Sake-eienaars van Worcester hoor dat die ondersoek na die oorsaak van die brand aan die gang is en 'n voorlopige verslag teen Donderdag verwag kan word.

Assessors van hul versekeraars sal toegelaat word om die skade vas te stel nadat die brande geblus  en die ondersoek afgehandel is. Teen omstreeks 12:00 is  nooddienste en ander belanghebbendes nog besig met opruimingswerk.

10 Jul. 11:47:27

Sake-eienaars in Hoogstraat word nou deur die nooddienste, polisie en verkeersdienste toegespreek oor die skade en maatreëls vir die volgende paar dae, veral weens skade aan die pad en waterpype.

10 Jul. 11:41:41

Kenny Africa, Wes-Kaapse provinsiale verkeershoof, praat met Klaas de Vos (47), die man wat vir Bennie Koch uit sy motorwrak gehelp het. (Foto: Jaco Marais) 

Koch het verby die tenkwa gery toe dit ontplof het en sy motor het omgeslaan en begin brand. 

De Vos is 'n werknemer van Raimondi's Pricerite, een van die ondernemings in Hoogstraat wat skade weens die ontploffing gely het.

10 Jul. 11:31:31

Botha het gesê 'n gedeelte van die pad sal waarskynlik vir die volgende 48 uur gesluit bly. Hy het gesê dit blyk nou dat ses geboue verwoes is en tussen ses en agt is beskadig.

10 Jul. 11:30:14

* Regstelling: Theo Botha, brandweerhoof, sê die tenkwa het propaangas bevat, nie butaan soos vroeër berig is nie. 

10 Jul. 11:06:07

Verbyganger sleep man uit brandende motor

Bennie Koch, 'n logistieke bestuurder, is beseer toe die gastenkwa ontplof het naby waar hy in sy motor gery het.

News24 berig dat 'n direkteur van Moreson Earthmovers, Alwyn Visser, bevestig het dat Koch hospitaal toe gehaas is.

Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, het aan Malherbe Nienaber gesê 'n lid van die publiek het Koch uit sy motor gehelp toe hy verbygery en die brandende motor gesien het. Dié man is opgespoor en Africa sê hy gaan nou met hom praat sodat hy erkenning vir sy heldedaad kan ontvang.

Volgens SA Long-Distance Truckers is Koch in 'n kritieke toestand.

Koch het voorheen as langafstand-vragmotorbestuurder gewerk.

10 Jul. 10:40:56

Theo Botha, brandweerhoof van Breedevallei, sê vyf geboue het heeltemal uitgebrand en vyf het skade weens die brand en ontploffing. Twee brandbestryders het ligte beserings - kneusplekke en snye -  opgedoen. 

10 Jul. 10:33:38

10 Jul. 10:29:49

Kapt. Lindikhaya Mkhontwana, 'n polisiewoordvoerder, sê in 'n verklaring 'n LP-gastenkwa het 'n paal getref naby die verkeersligte in Highstraat.

Die brand is veroorsaak deur 'n ontploffing in die gastenk nadat die paal getref is.

Vier geboue het afgebrand, die departement van water en sanitasie inkluis, nóg twee geboue is beskadig nadat dit getref is deur die tenkwa en 'n geparkeerde motor het ook uitgebrand.

Nooddienste, onder meer die polisie, brand- en verkeersdienste, was op die toneel om die situasie onder beheer te bring en om ondersoek in te stel.

Niemand is beseer nie. Highstraat is steeds gesluit vir verkeer totdat die toneel opgeruim en veilig verklaar is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.