Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
OORSIG: Held sleep man uit motorwrak in Worcester
'n Enorme brand woed in Worcester nadat 'n tenkwa vroegoggend ontplof het. Volg ons regstreekse dekking hier.
10 Jul. 10:08:26

Dit blyk dat vyf geboue heeltemal verwoes is in die brand en nóg vier beskadig is. 

10 Jul. 10:02:55

Gert Pretorius, eienaar van Brandwacht Besproeiing in Worcester, sê daar is niks oor van sy onderneming nie en hy het miljoene rande se skade gely. Hy bedryf al van 2004 dié onderneming wat in Woensdag se ontploffing in puin gelê is. "Ons sal egter nie gaan lê nie en onmiddellik 'n nuwe plek soek."

10 Jul. 09:51:41

Polisie-ondersoekers het nou gevra dat die media die toneel verlaat omdat dit nie veilig is nie.

10 Jul. 09:40:26

Die tegnikus sê die tenkwa is in die ontploffing in twee geskeur. Die agterkant het voor Transcape Steels in Hoogstraat beland en die voorste deel oorkant ACDC Express in dieselfde straat. Dis sowat 100 meter uit mekaar.

10 Jul. 09:37:32

'Dit kon baie erger gewees het'

'n Tegnikus, wat met gastenkwaens werk en anoniem wou bly, het aan Netwerk24 gesê die vragmotor het 'n tenkwa met butaangas vervoer. As dit LPG (vloeibare petroleumgas) was, sou die hele nywerheidspark in die ontploffing verwoes gewees het, het hy gesê.

10 Jul. 09:34:42

10 Jul. 09:31:43

Tot dusver:

'n Tenkwa, vermoedelik 'n gastenkwa, het Woensdag omstreeks 06:15 in Hoogstraat, Worcester, ontplof nadat dit blykbaar in 'n ongeluk was.

Tot dusver lyk dit asof sewe geboue en twee motors in die slag gebly het.

Een persoon is, na wat berig word, beseer asook van die brandbestryders wat later op die toneel opgedaag het.

10 Jul. 09:19:20

Die tenkwa wat vroegoggend ontplof het. Volgens aanvanklike berigte is dit 'n petroltenkwa, maar dit het later geblyk dat dit eerder 'n gastenkwa is. Blykbaar was die voertuig in 'n ongeluk voordat dit aan die brand geslaan en ontplof het.

10 Jul. 09:15:27

Die munisipaliteit sê sewe geboue en twee voertuie is beskadig.

10 Jul. 09:02:21

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.