Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
OORSIG: ‘Small, die stoute seun met ‘n goeie hart’
  • 'n Roudiens word Donderdagmiddag gehou vir James Small (50), die oud-Springbok-rugbyspeler wat verlede week skielik in Johannesburg aan ’n hartaanval dood is.
  • Die roudiens vind om om 14:00 by The Deck by die Wanderers-rugbyklub in Johannesburg plaas.
  • Small was deel van die Springbok-span wat in 1995 die Wêreldbekertoernooi op Ellispark in Johannesburg gewen het.
  • Small het twee kinders, Ruby (14) en Caleb (9). Christina Storm Nel, ’n oudmodel en aktrise, is Ruby se ma. Sy en Small was etlike jare in ’n verhouding. Caleb is Small se seun uit ’n ander verhouding.
18 Jul. 16:02:31

Hiermee sluit Netwerk24 se regstreekse dekking van die roudiens. 


18 Jul. 15:54:08

Die familie gaan ná die tyd privaat byeen kom om mekaar te vertroos. 

18 Jul. 15:50:59

Christina Storm stap langs die lykswa. Foto: Deaan Vivier

18 Jul. 15:49:41

Kyk na die musiekvideo van die liedjie wat gespeel is terwyl die kis uitgedra is. 

18 Jul. 15:46:51

Familielede loop agter die voertuig aan, terwyl hulle mekaar ondersteun.

18 Jul. 15:46:17

Die kis is nou in 'n Avbob-lykswa gelaai. Christina vee van haar trane af met 'n swart en wit serpie.

18 Jul. 15:43:56

Mense staan terwyl Small se kis uitgedra word. 

Christina Storm ondersteun vir Ruby by die kis. 

Sy en haar doger loop saam agter Small se kis aan. Christina huil onbedaarlik. 

18 Jul. 15:41:45

Mense word gevra om die saal te verlaat terwyl die liedjie "One Call Away" van Charlie Puth speel. 

18 Jul. 15:40:49

Die verrigtinge is verby. 

18 Jul. 15:39:53

Kieran lees nou die gedig agter op die roudiensbrief. Dit was James se gunsteling-gedig.

Meer oor:  James Small  |  Johannesburg  |  Roudiens  |  Oud-Springbok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.