Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
OORSIG: ‘Small, die stoute seun met ‘n goeie hart’
  • 'n Roudiens word Donderdagmiddag gehou vir James Small (50), die oud-Springbok-rugbyspeler wat verlede week skielik in Johannesburg aan ’n hartaanval dood is.
  • Die roudiens vind om om 14:00 by The Deck by die Wanderers-rugbyklub in Johannesburg plaas.
  • Small was deel van die Springbok-span wat in 1995 die Wêreldbekertoernooi op Ellispark in Johannesburg gewen het.
  • Small het twee kinders, Ruby (14) en Caleb (9). Christina Storm Nel, ’n oudmodel en aktrise, is Ruby se ma. Sy en Small was etlike jare in ’n verhouding. Caleb is Small se seun uit ’n ander verhouding.
18 Jul. 15:39:39

Scott is weer aan die woord. 

"James was 'n 180 km/h in 'n 60 km/h-sone ou. Hy kon luidrugtig lag, maar was ook nie bang om te huil nie. Bosbok, jy laat 'n massiewe leemte in ons harte vandag, maar jy laat ons ook met baie herinneringe wat ons vir altyd sal koester."

18 Jul. 15:35:54

Gavin Houlston, Small se swaer, is nou aan die woord.

"Die familie voel oorweldig en nederig oor die ondersteuning wat ons gekry het. Ek weet een ding. James huil soos hy lag. Hy weet dat ek bang is om in die openbaar te praat. Hy sou my sonder genade daaroor spot. Op een só 'n keer het James my na 'n kroeg gebring, vir my 'n bier gekoop en vir my gesê: "Jy het dit. 

"Ek kan sy woorde vandag hoor. Jy het dit. In die baie filosofiese woorde van James het ek gevra dat ons nie vra waarom nie, maar dat ons sy lewe vier. James het 'n ongelooflike manier gehad om mense te bereik. Om mense te laat voel asof hulle die enigste in die vertrek is. Hy het 'n groot persoonlikheid gehad. James se les was om groot te lewe, om goed te lewe, maar ook om jou drome te volg."

"James, jy het 'n gaping in ons harte gelos, 'n traan in ons oë, maar ons was waarlik geseënd om die pad saam met jou te stap."

18 Jul. 15:27:02

'n Rabbi lees die Joodse gebed wat gewoonlik by begrafnisse gelees word.

18 Jul. 15:25:27

Kieran Houlston, James se susterskind, is aan die woord. 

"Dankie dat jy vir my liefde gewys het, die krag van familie en hoe om te huil. Jy is my held. Jy het 'n reuse-impak op my lewe gehad. Hoewel jy jou goeie en slegte tye gehad het, was jy steeds 'n wonderlike mens vir ons. Dankie vir elke oomblik wat ons gedeel het. Ek belowe om jou trots te maak, indien nie op die rugbyveld nie, iewers anders."

"Jy het 'n groot liefde vir musiek gehad en ek is jammer ek kan nie jou gunsteling-liedjie speel nie. Maar ek belowe om dit later te doen en om dit vir vriende en familie te speel. Hier is meer mense as wat jy dink."

"Ek belowe om na jou pragtige dogter en jou sterk seun te kyk. Ek weet hoe lief jy hulle gehad het. Jy het soveel indrukke op ander mense se lewens gelaat. Ek sal die merke van James Small saam met my dra vir die res van my lewe. Dankie dat jy my held is. Ek is lief vir jou."

18 Jul. 15:17:37

Kelly sukkel om die trane terug te hou.

18 Jul. 15:17:33

Kelly, Small se suster, is nou aan die woord.

"Almal wat nou huil, moet ophou huil. James sou dit nie geduld het nie. Dit was 'n ware voorreg om saam met die man te stap. Ons vraag is nie hoekom nie, maar om te doen en te sterf. Sy doel op aarde was om rugby te speel, en hy het dit baie goed gedoen. Dankie aan die vriende wat James omring het. Hy was lief vir julle almal."

"James, dankie vir alles wat jy vir ons beteken het. Ons het jou só lief. Die lewe sal nooit weer dieselfde wees nie."

18 Jul. 15:10:37

Roubeklaers word gevra om 'n oomblik te sit, terwyl Small se kis uitgedra word.

18 Jul. 15:06:12

James Dalton en Kobus Wiese by die roudiens vir James Small. Foto: Deaan Vivier

18 Jul. 15:05:22

John Robbie is nou aan die woord. 

"Ek het James vir die eerste keer ontmoet aan die einde van my rugbyloopbaan toe hy sy eie, suksesvolle loopbaan begin het. Hy was besig om 'n wedstryd teen Transvaal klaar te maak. Hy het 'n slegte wedstryd gehad. Ek onthou dat ek hom moed ingepraat het. Ek onthou dat hy my nog ná die tyd daarvoor bedank het."

Hy lees nou boodskappe wat ander vriende gestuur het aan die familie. Die meeste onthou verskillende hoogtepunte uit James se loopbaan.

18 Jul. 14:58:50

Krynauw Otto was 'n spanmaat van Small in 1995 se Wêreldbekerrugbytoernooi wat die Springbokke op Ellispark in Johannesburg gewen het. Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  James Small  |  Johannesburg  |  Roudiens  |  Oud-Springbok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.