Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
OORSIG: ‘Small, die stoute seun met ‘n goeie hart’
  • 'n Roudiens word Donderdagmiddag gehou vir James Small (50), die oud-Springbok-rugbyspeler wat verlede week skielik in Johannesburg aan ’n hartaanval dood is.
  • Die roudiens vind om om 14:00 by The Deck by die Wanderers-rugbyklub in Johannesburg plaas.
  • Small was deel van die Springbok-span wat in 1995 die Wêreldbekertoernooi op Ellispark in Johannesburg gewen het.
  • Small het twee kinders, Ruby (14) en Caleb (9). Christina Storm Nel, ’n oudmodel en aktrise, is Ruby se ma. Sy en Small was etlike jare in ’n verhouding. Caleb is Small se seun uit ’n ander verhouding.
18 Jul. 14:58:05

Teichmann: "James was 'n wedstryd-wenner. Hy het die vermoë gehad om 'n wedstryd te verander. Sy mededingendheid het hom soms in die moeilikheid laat beland. Behalwe vir sy mededingendheid en passie, was hy ongelooflik lojaal. Ek glo James het nog baie gehad om te gee aan Suid-Afrikaanse rugby. Dit is jammer dat ons nie vir hom 'n plek kon kry ná sy dae as 'n speler nie. Ruby en Caleb, julle was beslis die lig van jul pa se lewe. Wanneer hy oor julle gepraat het, het sy gesig opgehelder."

18 Jul. 14:54:06

Gary Teichmann en James Dalton omhels mekaaar langs die kis. Foto: Deaan Vivier 

18 Jul. 14:53:05

Gary Teichmann gaan nou praat.

Teichmann: " 'n Mens kan aan die hoeveelheid huldeblyke sien hoe invloedryk hy was. Sport was altyd 'n groot deel van James se lewe. Sy loopbaan het begin toe hy 18 jaar oud was, toe hy vir Transvaal gespeel het. Om te speel in daardie dae, was iets spesiaal. James het 'n groot rol gespeel in die '95-Wêreldbekerwedstryd. Hy was die stout seun van rugby, maar daarby was hy 'n man met 'n goeie hart." 

18 Jul. 14:46:20

Siya Kolisi, kaptein van die Springbokke, is nou aan die woord.

"Ek was nog baie jonk toe James 'n legende was, maar ek onthou hom."

Kolisi sê aan Small se ma: "Ons is baie trots op die seun wat jy grootgemaak het. Dankie daarvoor."

Hy het ook 'n boodskap aan Small se kinders: "Ek was baie jonk toe ek my ma verloor het. Ons as kinders het nie altyd verstaan waarom nie. Maar jul pa het 'n groot verskil aan almal van ons en Suid-Afrika gemaak. Ek het nie regtig woorde nie, net God het al die antwoorde vir ons. Ek moedig julle aan om saam met Hom in gebed te gaan sit."

Kolisi bid nou vir James se familie en kinders.

"Troos ons as 'n land," bid Kolisi.

18 Jul. 14:42:15

Scott vra vir 'n oomblik van stilte vir Marc Batchelor en Johnny Clegg wat die week dood is.

Hy sê hulle was legendes in eie reg. 

18 Jul. 14:40:18

John Smit, Pierre Spies en Victor Matfield gesels by die roudiens vir James Small. Foto: Deaan Vivier

18 Jul. 14:39:53

Scott is weer aan die woord.

"James was lief vir musiek en sou die heeltyd hardop sing. Small sou hartseer wees oor die nuus van Johnny Clegg se dood."

18 Jul. 14:36:50

Morné du Plessis het 'n video-boodskap gestuur wat nou gespeel word. Hy is tans in Frankryk.

"Ek sal vandag aan James en Madiba dink. Ek onthou die dag toe James in Madiba se tronksel gesit het. James het openlik gehuil soos hy gedink het dat Madiba se enigste misdaad was om sy nasie te bevry. My blywende indruk van James is sy vrygewigheid. Hy het beslis sy alles gegee."

18 Jul. 14:34:09

Scott is nou weer aan die woord. Hy praat nou van Mandeladag. Oudpres. Nelson Mandela sou 101 jaar oud gewees het vandag.

"Vandag onthou ons jou, James, op die dag wat ons ook 'n ander wonderlike Suid-Afrikaner onthou." 

18 Jul. 14:32:41

John Allan, oud-Springbokspeler, sê Small was 'n legende op die rugbyveld. "Hy sou ook sy laaste sent vir iemand gee. Hy was 'n passievolle man, wat sy hart op sy mou gedra het."

"Solank as wat ons lewe, sal hy ook lewe. Hy is 'n deel van ons soos ons hom onthou."

Meer oor:  James Small  |  Johannesburg  |  Roudiens  |  Oud-Springbok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.