Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Roudiens vir vermoorde Matie gehou

’n Roudiens vir die vermoorde Matie-student Hannah Cornelius (21) is Vrydag in die NG kerk in Vishoek gehou.

Cornelius se lyk is Saterdagoggend langs die Knorhoekpad buite Stellenbosch gevind. Sy is vermoedelik verkrag, met ’n skerp voorwerp gesteek en doodgewurg.

Cornelius en Cheslin Marsh, ’n vriend en medestudent, is Saterdag tussen 03:00 en 06:00 in Birdstraat, Stellenbosch, deur vier mans aangeval waar hulle in haar blou Citi Golf gesit en praat het.

Die studente is van hul besittings beroof. Die gewapende kapers het Marsh met bakstene teen die kop gegooi en hom in Kraaifontein vir dood agtergelaat.

Die kapers is met Cornelius na die plaas Groenhof toe, waar hulle haar sowat vier keer met ’n skerp voorwerp gesteek en haar herhaaldelik verkrag het.

Haar lyk is Saterdag omstreeks 08:30 langs ’n kragkas op die plaas gevind.

Hannah Cornelius se ouers, Willem en Anna (middel) kom Vrydagoggend by die NG kerk in Vishoek aan vir hulle dogter se roudiens. Foto: Jaco Marais

Hannah Cornelius

Meer oor:  Ng Kerk  |  Vishoek  |  Hannah  |  Roudiens  |  Kyk  |  Matie  |  Vermoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.