Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
OORSIG: Driehoek-leerlinge finaal gegroet
  • Die Hoërskool Driehoek het Maandag om 15:00 ‘n gesamentlike gedenkdiens vir die slagoffers van die onlangse brugtragedie gehou.
  • Vier leerlinge is dood en meer as 20 beseer toe ’n loopbrug, wat twee geboue verbind, op 1 Februarie by dié skool ineengestort het.
  • Die vier oorledenes is Marli Currie (14), Jandré Steyn (13), Roydon Olckers (17) en Marnus Nagel (16). Duisende mense het die diens bygewoon. 
11 Feb. 16:59:58

11 Feb. 16:44:40

Daarmee sluit Netwerk24 se regstreekse dekking van die gedenkdiens. 

Hou Netwerk24 dop vir meer. 

11 Feb. 16:40:08

'n See van geel en pers ballonne word in die lug vrygelaat. Foto: Jana Marx

11 Feb. 16:38:13

Rouklaers laat die ballonne los. Honderde ballonne styg in die lug op. 

11 Feb. 16:36:46

Past. Marius Malan bid nog 'n laaste keer vir die ouers.

11 Feb. 16:31:11

'n See van geel en pers ballonne buite die Kompas-gemeente in Vanderbijlpark. Foto: Jana Marx

11 Feb. 16:29:54

Leerlinge van die Hoërskool Driehoek staan buite die Kompas-gemeente in Vanderbijlpark met geel en pers ballonne. Dit is die amptelike kleure van dié skool. Foto: Simon Sonnekus

11 Feb. 16:28:55

Almal kry ballonne en gaan staan voor die kerk. 

11 Feb. 16:24:56

Leerlinge staan reg met pers en geel ballonne buite die kerk. Dit is die amptelike kleure van die Hoërskool Driehoek. Foto: Jana Marx 

11 Feb. 16:24:04

Marx sluit af: Deur U genade: vorentoe en boontoe. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.