Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Reis in eie provinsie ‘stap in regte rigting’

Die toerisme-owerheid van Gauteng verwelkom die minister se aankondiging dat verblyf vir vakansie nou toegelaat word.

Mmamoloko Kubayi-Ngubane, minister van toerisme, het Donderdag op ’n mediakonferensie verslapte regulasies aangekondig wat mense sal toelaat om vir plesier te reis. Dit sal wel uitsluitlik binne die grense van jou eie provinsie wees.

Verblyfplekke mag net twee mense per kamer toelaat, behalwe vir ’n gesin (met twee ouers en twee kinders). Toeroperateurs sal ook begeleide safaritoere kan aanbied.

Saam met die nuwe verslapte regulasies rondom toerisme, sal die aandklokreël nou eers van 22:00 van toepassing wees.

Barba Gaoganediwe, woordvoerder van die toerisme-owerheid in Gauteng, het Donderdag ná die aankondiging aan Netwerk24 gesê enige veranderinge word verwelkom om die toerismebedryf te help, nadat dit sedert die begin van die staat van inperking tot stilstand gekom het.

“Dit is ’n stap in die regte rigting. Die toerismebedryf is hard getref. Veral omdat die bedryf staatmaak op interaksie en gedeelde ervarings tussen mense, maar die verspreiding van die virus kom ook met die beweging van mense. So ons verwelkom die toegewing en sal met die nodige omsigtigheid optree.”

Gaoganediwe sê die bedryf wag egter nog op die spesifieke regulasies soos in die Staatskoerant uiteengesit moet word. “Ook gaste sal versigtig moet wees en by regulasies moet hou.”

Restaurante, casino’s, verblyfondernemings, asook staproetes het reeds op vlak drie van die inperking heropen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.