Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rekrute gemaan om korrupsie te vermy

Korrupsie is die wortel van alle kwaad en bring nie net skande oor die toepassing van verkeerswetgewing nie, maar ook oor die gesinne van diegene wat hulle daaraan skuldig maak.

Dit was die kernboodskap aan die 27 verkeersbeamptes van die munisipaliteite van Nelson Mandelabaai, OR Tambo, Ngqushwa en Ingquza, asook die Mhlonto- en Enoch Mgijima- munisipaliteit, op hul uitpasseringsparade Vrydag.

Julle moet ook die moed het om onetiese gedrag te weerstaan.

Eric Tiso, die senior verkeersbeampte van Nelson Mandelabaai, het die rekrute gemaan om nie met misdadigers deurmekaar te raak nie.

“Die uniforms wat julle dra, moenie op TV verskyn weens korrupsie nie. Omkopery is nie jou loopbaan, jou gesin, die respek van jou gemeenskap of jou vryheid werd nie,” het Tiso gesê.

Met verwysing na ’n onlangse tref-en-trapongeluk waarin ’n vermeende dronk bestuurder ’n verkeersbeampte doodgery het, het Charles Bramwell, die provinsiale verkeerswoordvoerder, genoem dat die betrokke verkeersman verlede jaar aan dieselfde kollege gegradueer het.

“Die meeste van ons mense sterf op die paaie weens die wisselvallige gedrag van bestuurders.

“Dit is nie die soort werk wat enigeen kan doen nie. Jy moet ’n passie en die toewyding hê om ’n loopbaan daarvan te maak.

“Jou reis sal gevaarlik en vol draaie wees. Daar sal ook oorgenoeg slaggate voorkom.

“Jy sal verantwoordelik wees daarvoor om motoriste te dien en op te pas.

“Julle moet ook die moed het om onetiese gedrag te weerstaan,” het Bramwell gesê.

Hy het bygevoeg dat verkeersbeamptes lojaal en toegewyd moet wees en die goeie beeld van die beroep uitdra.

“Daar is nie ’n maklike pad na sukses nie. Hou aan om te leer en moenie huiwer wanneer ’n kans vir vooruitgang opduik nie,” het Warren Prins, die Nelson Mandelabaai se direkteur van verkeer en lisensiëring, aan die rekrute gesê.

“Hou aan om aan deure te klop en dit sal vir jou oopmaak,” het hy gesê.

Meer oor:  Verkeersbeampte  |  Korrupsie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.