Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Restaurant by De Bakke in Mosselbaai brand af

'n Gewilde restaurant by die De Bakke-strandfront in Mosselbaai het Woensdagnag afgebrand.

Die Mosselbaai-brandweer het bevestig sy personeel was Donderdagoggend nog op die toneel waar die La-Belea-sportkroeg-en-restaurant deur die brand verwoes is.

Volgens die owerhede is die oorsaak van die brand nog onbekend. 

La-Belea is in die parkeerterrein op die Santos-strandfront geleë en het ’n grasdak gehad. Die gebou was jare lank ’n baken in Mosselbaai en was vantevore ook ’n ou padkafee. 

Na verneem word was die brandweer gou op die toneel, maar die gebou is in puin gelê.  

Foto's van die brand is op Facebook geplaas. 

Meer oor:  Mosselbaai  |  De Bakke  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.