Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Reuse-olietenker naby Port St. Johns gestrand

’n Reuse-olietenkskip met 27 bemanningslede aan boord is in die see naby Port St. Johns in die Oos-Kaap gestrand.

Luidens ’n verklaring wat Woensdag uitgereik is, is daar volgens die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (Samsa) en die maritieme reddingskoördineringsentrum (MRCC) geen vrag aan boord die Yuan Hua Hu nie en die bemanningslede is ongedeerd.

Maritime Bulletin berig die Chinese skip was op pad van Singapoer na Angola toe dit op 25 Mei probleme ervaar het.

“Die skip is na die naaste hawe, Port St. Johns, waar dit geanker is.”

Die Amsol-sleepboot Siyanda is Woensdagoggend om 05:40 uit Durban ontplooi en het omstreeks 20:00 die tenksskip bereik.

Siyanda sal op bystand wees totdat ’n noodsleepboot die tenkskip bereik wat die skip na Durban sal sleep vir herstelwerk.

Die noodsleepboot is reeds Dinsdagoggend uit Kaapstad weg en behoort die olietenkskip teen Vrydag te bereik.

Samsa bly in direkte kontak met die verteenwoordigers van die tenkskip se eienaar en die kaptein, wat hul volle samewerking bied om die bedreiging van die Suid-Afrikaanse kuslyn weg te hou, lui die verklaring.

Luidens Marine Traffic.com het die skip ’n tonnemaat van 308 663, is oor die 300 m lank en 60 m breed.

Meer oor:  Samsa  |  Port St. Johns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.