Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Gemeenskap in desperate soektog na meisie

’n Tienermeisie van Orania in die Noord-Kaap is vermis nadat sy van ’n binneband in die Oranjerivier geval het.

Joost Strydom, woordvoerder van Orania, sê Karissa Joubert (19) het Donderdagmiddag verdwyn nadat sy saam ’n groep vriende op binnebande in die rivier afgedryf het.

Sy het van die binneband afgeval en in die water verdwyn.

Die kennisgewing wat uitgereik is om Karissa Joubert te help vind.

Strydom sê die res van die groep het dadelik alarm gemaak en die inwoners en boere van die omgewing het dadelik na die meisie begin soek.

Die polisie se soek-en-reddingspanne van Kimberley is ook dadelik ontbied en soek onverpoos na Karissa.

“Orania se interne veiligheidstrukture het omstreeks 19:00 die nuus ontvang en was amper onmiddellik op die toneel en het die gemeenskap in soekspanne gemobiliseer,” sê Strydom.

Boere en inwoners van Orania het Donderdagaand dadelik ingespring om na Joubert te help soek. Foto: Verskaf

“Oraniërs wat ervare of opgeleide roeiers is het per boot gesoek terwyl ander inwoners die rivieroewer help fynkam het.”

Hy sê nog ’n inwoner het sy eie mikroligtevliegtuig vir die soektog beskikbaar gestel.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, het bevestig dat Kimberley se soek-en-reddingeenheid besig is om die rivier te fynkam in die hoop om Klarissa op te spoor.

Strydom sê Orania se veiligheidstrukture het boere stroomaf van die rivier gekontak om met die soektog te help.

“Hulle het by hulle pompe en teen die rivieroewer gaan uitkyk tot laatnag. Ons is dankbaar vir hul hulp en vinnige bystand.”

Hy sê die gemeenskap, die polisie en boere van die omgewing het deurnag na die meisie gesoek en die soektog duur steeds voort.

Die polisie van Kimberley se soek-en-reddingeenheid het deurnag in die Oranjerivier na Joubert gesoek. Foto: Verskaf

Hommeltuie, boere wat met kajakke en rubberbote die rivier fynkam is steeds besig met die soektog.

“Die restaurante en vroue uit die gemeenskap maak koffie en verversings om almal wat met die soektog help aan die gang te hou. Dit was ’n lang nag en niemand het al geslaap nie.”

Hy sê ’n gebedsaksie is vir Karissa en haar erg getraumatiseerde ouers begin.

Inligting en foto’s van Karissa is rondgestuur in die hoop dat iemand haar dalk vind.

Strydom sê die soekspanne los mekaar af, maar die soektog duur voort.

Orania se paramedici maak gereed om met die soektog op die Oranjerivier te begin. Foto: Verskaf

Meer oor:  Klarissa Joubert  |  Orania  |  Soektog  |  Rivier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.