Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rian ‘sonder brieke’ voor hy radio groet
Rian van Heerden Foto: Facebook

Wat mense ook al van die omstrede radiopersoonlikheid Rian van Heerden dink, het die aankondiging dat hy die einde van die jaar sy oorfone by Jacaranda FM gaan ophang oorweldigende reaksie by die volk uitgelok.

Party noem hom arrogant. Ander sê dat hy die enigste rede is hoekom hulle radio luister.

“Rian, jy maak die spitsverkeer soggens draagliker,” voer van sy aanhangers aan.

Die radiostasie het Dinsdagoggend skaars die verklaring oor Van Heerden se weggaan uitgereik, toe ontplof hul web- en Facebookblad met kommentaar.

Dit het gewissel van: “Jacaranda gaan nie dieselfde wees sonder jou nie” en “Wat ’n tragedie” tot “Dankie tog! Daar’s nog hoop vir ons land!” en “Frikken hell at last”.

Van Heerden, aanbieder van die Complimentary Breakfast-program, is egter volgens die verklaring van plan om die laaste paar maande van die jaar sy beste ooit op radio te maak.

“Hy maak by voorbaat verskoning en sê dat hy die res van die jaar sy radio bucket list gaan bewaarheid,” lui die verklaring.

Hiervolgens het Van Heerden belowe dat daar weer trane, lag en “op mense se knoppies druk” betrokke sal wees terwyl hy alles wat hy nog gedroom het om te doen gaan doen.

In die maande wat voorlê, beplan ek ’n marathonpar-tytjie, om van eksotiese plekke oor die hele Afrika af uit te saai.
Rian van Heerden

“Radio gaan oor ’n diep verbintenis, ’n konneksie, en ek het altyd my platform op Jacaranda FM gebruik om betekenisvolle inhoud te skep.

“In die maande wat voorlê, beplan ek ’n marathonpartytjie, om van eksotiese plekke oor die hele Afrika af uit te saai en om Complimentary Breakfast-ervarings in die verkeer te deel.”

Kevin Fine, bestuurder by die radiostasie, beskryf Van Heerden as ’n “ongelooflike” talent, iemand wat ’n storie kan vertel en alle soorte emosies kan aanwakker.

“Ons luisteraars is in vir wonderlike verrassings oor die volgende paar maande en dit sal die beste luisteraarservaring wees.”

Geen besluit is nog geneem oor ’n plaasvervanger nie.

Van Heerden wou nie verder kommentaar lewer op die rede vir sy weggaan of wat sy planne daarna behels nie.

“Ek kan my ongelukkig nie nou al daaroor uitlaat nie. Ek sal nader aan die einde . . .” het hy per WhatsApp gesê.

Meer oor:  Rian Van Heerden  |  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.