Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rian van Heerden gaan ‘alles’ vertel in boek
Rian van Heerden Foto: Facebook

Daar was “ ’n paar dinge” wat Rian van Heerden oor die jare in die moeilikheid gekry het.

Hy wil graag hê dat mense moet weet wat sy denkprosesse in daardie stadium was toe hy sekere goed gesê het – en hoekom hy dit gesê het.

Daarom gaan dié radiopersoonlikheid sy hand aan pen en papier waag en ’n boek skryf.

Luidens ’n verklaring van Tafelberg-uitgewers behoort die “omstrede vertel-dit-alles” boek so teen Oktober 2017 op die rak wees.

Die boek het nog nie ’n titel nie.

Die struktuur is al in Van Heerden se kop en hy gaan so tussen sy laaste maande by Jacaranda FM die vertellings neerpen.

“Dit gaan ’n tipe behind the scenes-boek wees, die stories oor sekere dinge wat gebeur het waarvan mense nie weet nie. Ook hoe groot van die reaksies was.

Hy het baie mense ontstel, maar dit was nie altyd doelbewus nie.

“Soos die keer toe ek kwansuis oor ’n wedstryd tussen die Bulle en die Waratahs sou sê die Waratahs is sheep shaggers.

“Ek het soveel oproepe gekry vanuit Australië en selfs Nieu-Seeland – van Australiërs en Nieu-Seelanders af!

“Lank daarna sou dit by radiostasies daar ’n tipe Aprilgrap raak om te vertel dat ek daar sal kom uitsaai – dit het elke keer ’n oproer veroorsaak,” lag hy stout.

Ja, erken Van Heerden, hy het baie mense ontstel, maar dit was nie altyd doelbewus nie.

“Soms was my opmerkings nodig om debat oor sekere goed te ontlok. Daarom voel ek dit is belangrik om te sê hoekom ek gedoen het wat ek gedoen het – en hoekom ek meestal gedink het ek is reg”.

Sy grootste motivering is sy broer se seun, Jace (3).

“Hy gaan eendag sy oom Google en goed sien en hoor. Ek wil hê hy moet ook kan sien wat regtig gebeur het. Mense misinterpreteer soms goed of beweer goed wat nie waar is nie.

“Dit sal my nalatenskap, my legacy wees sodat Jace eendag kan verstaan”.

Van Heerden, vat vroeër aangekondig het dat hy sy pos as aanbieder van die complimentary breakfast aan die einde van die jaar verlaat, gaan so tussen werkverpligtinge probeer om aan sy boek te werk.

“Ek het mos ’n radio- bucket list wat ek nog wil doen voor ek weggaan, soos om na die gorillas in Rwanda toe te gaan. Daardie goed – en die opspraakwekkende, en omstrede, goed wat nog gaan kom wil ek ook in die boek skryf”.

Een ding waarborg hy: dit gaan ’n “baie, baie eerlike boek wees”.

Wat mense sal besef, sê Van Heerden, was dat daar wel meestal ’n wag voor sy mond was, wat gekeer het dat hy verder gaan.

“Ek sê altyd die ‘opinie’ is ’n bedreigde spesie. Hopelik sal die boek help dat mense nie ‘opinie’ beskou as iets waarvan jy wegstap nie, maar as iets wat jy moet spreek”.

Meer oor:  Jacaranda 94.2  |  Rian Van Heerden  |  Boeke  |  Skrywers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.