Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rina Hugo sing in Welkom vir matrose

Die sangeres Rina Hugo bied op 23 Augustus ’n gratis konsert in Welkom aan. Sy sal deur haar man, Johan van Rensburg, begelei word.

Rina Hugo en Johan van Rensburg tree ten bate van die Christelike Seemansorganisasie in Welkom op. Foto: Verskaf

Die opbrengs van die optrede in die NG kerk Welkom-Suid in Badenhorststraat, is ten bate van die Christelike Seemansorganisasie (CSO).

Die CSO is betrokke by matrose in vyf Suid-Afrikaanse hawens. Lede van die organisasie streef daarna om aan elke matroos ’n Bybel in sy eie taal te verskaf en sendingwerk onder hulle te doen.

Rina en Johan is al geruime tyd by die organisasie betrokke en help om dit oor die land heen bekend te stel.

Almal is welkom by die konsert wat om 10:00 begin. Skenkings is welkom.

Vir meer inligting bel die kerkkantoor by 057 352 2966.

Meer oor:  Rina Hugo  |  Welkom  |  Matrose  |  Liefdadigheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.