Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Robbeneiland se 1ste braille-trousertifikaat uitgereik
Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, saam met al die pasgetroude paartjies.Foto: Gallo Images
Cindy en Frankford Williams met hul huweliksertifikaat in braille – ’n eerste vir Robbeneiland.Foto: Gallo Images
Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, hou die Williamse se huweliksertifikaat vas terwyl Frankford dit lees. Foto: Gallo Images
Eloise en Mario Braaf wys hul trouringe.Foto: Ané van Zyl
Eloise en Mario Braaf poseer voor die kerk op Robbeneiland.Foto: Ané van Zyl
Larenzo Ludick en sy bruid, Chantel, deel ’n soen by die deur van die kerk.Foto: Ané van Zyl
Lauren en Chadley la Meyer stap na die kerk.Foto: Ané van Zyl
Peter Hedley-Smith en sy nuwe vrou, Afsana, van Wynberg. Peter is oorspronklik uit Engeland. Die twee ken mekaar al sowat vyf jaar en het by ’n huispartytjie ontmoet.Foto: Ané van Zyl

Groepe verliefde paartjies gaan al 20 jaar lank op Valentynsdag met ’n veerboot na Robbeneiland om daar te trou – en vanjaar is die eerste huweliksertifikaat daar in braille uitgereik.

Frankford Williams en sy bruid, Cindy, van Worcester, is albei gesiggestremd. Nadat hulle op die eiland getroud is, het dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, ’n huweliksertifikaat in braille aan hulle oorhandig.

Toe Frankford die sertifikaat kry, het hy gesê hulle is baie bly daaroor. “Blyer as wat julle ooit sal weet.”

Hy het hardop gelees wat daarop staan en gesê “ná 13 jaar bymekaar word jy uiteindelik my vrou. Ek sal jou liefhê tot die dag dat ek sterf. Jy is altyd myne.”

Die Williamse was een van 19 paartjies wat Vrydag in ’n klein kerkie op die eiland in die huwelik bevestig is.

Maxizole Valantiya, ’n amptenaar by die departement van binnelandse sake, en sy bruid, Nomveliso, was onder die paartjies en het in tradisionele drag getrou.

“Dit is ongelooflik om hier te kon trou,” het Larenzo Ludick van Eersterivier en sy bruid, Chantel van Macassar, ná die seremonie gesê.

“Hier is soveel herinneringe op die eiland en dit is die eerste keer dat ek hier kom,” sê Chantel.

Omdat hulle op kort kennisgewing gehoor het hulle is een van die paartjies wat op Valentynsdag op Robbeneiland kon trou, het sy ’n rok by ’n vriendelike buurvrou geleen.

Larenzo en Chantel ken mekaar al agt jaar en het op ’n braai by ’n gemeenskaplike vriend ontmoet. Sedertdien is hulle onafskeidbaar.

“Ek het nooit ’n groot, spoggerige troue gehad nie,” het die bruidegom se ma, Zurina, buite die kerk gesê. “So ek is bitter bly my seun kon só ’n mooi dag hê.”

Sy sê sy is mal oor haar nuwe skoondogter, wie se hande vir niks verkeerd staan nie.

Motsoaledi het in sy toespraak gesê dié 19 paartjies is nou deel van die 327 paartjies wat deur die jare op die eiland getroud is op die geleentheid wat die departement jaarliks op Valentynsdag reël.

Van die paartjies het vanjaar ook van die Noord-Kaap, die Oos-Kaap en Gauteng gekom.

Meer oor:  Valentynsdag  |  Robbeneiland
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.