Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Robin sterf ná baksteen deur ruit
Robin November. Foto: Facebook

Die dood van ’n 16-jarige meisie van Elsiesrivier wat deur ’n baksteen teen die kop getref is waar sy in haar pa se motor gesit het, word nou deur die polisie ondersoek.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het bevestig die saak is na ’n moordsaak verander nadat Robin November Vrydag in die Tygerberg-hospitaal naby Kaapstad dood is.

Curvin Ashley November, ’n familielid, het Vrydag op sy Facebook-blad aangekondig dat Robin aan haar beserings dood is.

Die linkerkant van Robin se brein is vergruis toe ’n baksteen haar sowat ’n week gelede in haar pa se motor getref het. ’n Man wat langs die pad met sy vrou staan en stry het, het die baksteen glo na haar pa, Earl Smith, se motor gegooi. Sy het in die passasiersitplek links agter in die motor langs haar kêrel gesit terwyl haar pa bestuur het.

Toe die motor op die M12-brug was, net voor die Owenweg-kruising, het Smith die man en vrou aan die linkerkant van die pad gesien. Die man het skielik gebuk, ’n baksteen opgetel en dit na die motor gegooi.

Earl Smith wys waar die baksteen deur sy motor se venster gegooi is waar sy dogter gesit het.Foto: Nadine Theron
Die baksteen wat Robin November getref het. Foto: Nadine Theron

Smith het probeer uitswenk en het daarna stilgehou om die man te konfronteer.

Toe Smith omkyk het hy gesien sy dogter is raakgegooi.

Hy het na die Elsiesrivier-daghospitaal gejaag. By die hospitaal wou hulle Smith nie toelaat om by sy dogter te bly nie, want hy was histeries.

Hulle het die gordyn toegetrek en haar klere van haar lyf af gesny.

November is daarna in die hospitaal opgeneem en daar is aan Smith gesê dat die linkerkant van haar brein vergruis is. Haar hare is afgeskeer en haar kop was erg geswel, het Smith gesê.

’n Gedenkdiens is Sondag om 15:30 by Robin se skool, die John Ramsay Senior Secondary School in Bishop Lavis, vir haar gehou.

Die aankondiging op Facebook oor Robin November se dood. Foto: Facebook
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.