Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rocco en sy ontwerper praat oor pret, mode
Heidi Bothma Du Toit en Rocco de Villiers gaan op die Oppiwater Kunstefees gesels oor teater, klere, mode en pret.

Al ooit gewonder wie is die mens agter die uitrustings van Rocco de Villiers, een van die land se bekendste pianiste?

Gaste van RSG en Lefra Produksies se Oppiwater Kunstefees kan op 8 April 08:30 meer te wete kom in ’n vertoning van Heidi Bothma Du Toit en De Villiers.

Bothma Du Toit is een van die land se voorste ontwerpers en maak al jare uitrustings vir De Villiers.

Haar Stoompomp-reeks is baie gewild en het al internasionale erkenning gekry. Sy is ook die besturende direkteur van Hollywood Kostuums.

Die twee kunstenaars gaan gesels oor die teater, klere, mode, pret en hul vriendskap en ook raad gee om op ’n knap begroting mooi te lyk.

Die Oppiwater Kunstefees word van 5 tot 10 April op die MSC Orchestra gehou. Die kunsskip vaar van Kaapstad na Namibië se mooie Lüderitz en Walvisbaai.

Meer as 30 verskillende Afrikaanse teaterproduksies word op die Oppiwater Kunstefees aangebied. Om daarvoor te bespreek, skakel 087 630 0333 of bespreek aanlyn op oppiwater.co.za.

Indien jy klaar ’n kajuit bespreek het, bespreek jou kaartjies vir produksies by Compu­ticket by 0861 915 8000 of op computicket­.com.

Vir meer inligting, bel Monica Booysen by 011 815 3000 of stuur e-pos na admin@lefra.com.

’n Gelukkige Beeld-leser het ook ’n kans om ’n kajuit vir twee mense ten tyde van die Oppiwater Kunstefees te wen.

Om in aanmerking te kom vir die prys, SMS Lefra Oppiwater Beeld met jou naam en van, as­ook dorp of stad, as verwysing na 33000. ’n SMS kos R1,50.

Die kompetisie sluit op 20 Maart.

Meer oor:  Rocco De Villiers  |  Ontwerper
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.