Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rockers wil ’n verskil maak in kinderlewens

Vir die eerste keer ooit klim ’n ongekende kombinasie rockers en ander musiekgroepe en sangers op die verhoog wat insluit Anton Goosen, Piet Botha, Koos Kombuis, Klopjag, Valiant Swart, Jan Blohm, Hemelbesem en Melktert Kommissie.

Die Bands for Bricks-konsert op 14 Julie in Menlyn se Sun Arena is ten bate van die gemeenskapsorganisasie SA Cares for Life, wat hom toespits op kinders in nood en ’n bydrae gaan ook aan die Beeld Kinderfonds gemaak word.

Johrné van Huyssteen, een van die dryfvere agter die konsert, praat van “musiek wat op die regte plek sit, musiek vir die regte idees en musiek om ’n verskil te maak.” Volgens hom gaan wat op die verhoog gebeur “rou, tydloos, oorspronklik en eerlik wees.”

Nog kunstenaars is Gian Groen, Joe Foster, Tidal Waves, Bottomless Coffee Band, Johnathan Martin en Appel. En Van Huyssteen self gaan as deel van ddisselblom op die verhoog wees.

Vir elke twee kaartjies wat op iTickets gekoop word, word die koper outomaties ingeskryf vir ’n weeklikse prystrekking vir kontant wat wissel van R10 000 en R30 000 – die wenners sal ook in Beeld aangekondig word. Ander vennote van die inisiatief is Sun Arena, Groot FM, Die Groot Ontbyt, The Marketing Zoo, Johan Ungerer Signature Events en Beeld.

Volgens Van Huyssteen is hyself, Tanya Michelle en Ian Neethling almal passievol oor musiek, mense en opheffing.

Hul plan was eers om met die opbrengs van die konsert ’n huis te bou vir ’n behoeftige gesin, maar het besluit om eerder ’n “gemeenskap te help bou waarby almal kan baat”.

Meer oor:  Hemelbesem  |  Konsert  |  Liefdadigheid  |  Vermaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.