Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rohde se minnares jammer ná sy uitvaar teen regter, DOV

Jolene Alterskye, gewese minnares van die veroordeelde moordenaar Jason Rohde, is “baie jammer oor die skade wat sy aangerig het” en sê sy “het haar les geleer”.

Dié verskoning kom nadat Alterskye Vrydag in die landdroshof in Kaapstad verskyn het op aanklagte van crimen injuria weens inskrywings op sosiale media oor onder andere die regter wat Rohde in Februarie verlede jaar tot 20 jaar tronkstraf gevonnis het.

Sy het uitgevaar teen regter Gayaat Salie-Hlophe, die nasionale vervolgingsgesag asook die ondersoekbeamptes in die saak.

Jolene Alterskye
Jolene Alterskye Foto: Facebook

Rohde is verlede jaar skuldig bevind aan die moord op sy vrou, Susan, op die Spier-wynlandgoed buite Stellenbosch. Hy is in Desember met streng voorwaardes op borgtog vrygelaat nadat die appèlhof in Bloemfontein vroeër toestemming gegee het dat hy teen sy vonnis mag appelleer.

Adv. Nicolette Bell, adjunkdirekteur van die direktoraat van openbare vervolging (DOV), het die aanklagte ná vertoë van Alterskye teruggetrek.

In haar vertoë het sy Salie-Hlophe onomwonde verskoning gevra asook vir die skade wat sy aangerig het.

Sy het regter John Hlophe, die regter-president van die Wes-Kaap, asook die DOV om verskoning gevra.

Alterskye het op haar Facebook-blad geskryf:

“I am appalled at this so called justice system, the whole case was an attempt by the State to create a crime which never happened so they can lock up a ‘high profile white man” to try show the country that they doing their job. As far as I am concerned the State and the Judge are the same team and if the State acted unlawfully in illegally searching properties and bribing state witnesses, what else did they fabricate in order to get their Xmas Bonus? A corrupt country starts with corrupt police and I do hope the truth be revealed and actual justice served.”

Lees haar volledige verskoning hier:

Die eerste bladsy van die verskoning.Foto: Verskaf
Die tweede bladsy van die verskoning.Foto: Verskaf
Meer oor:  Jolene Alterskye  |  Regter  |  Jammer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.