Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rolene (en Jo!) maak album vol lewenslesse

As iemand sewe jaar gelede vir Rolene Strauss gesê het sy gaan eendag ’n album opneem, in Engels nogal, sou dié boeremeisie van Volksrust in Mpumalanga dit net afgelag het. Maar nou is daardie eendag hier en in Oktober word haar album, waarop sy lewenslesse en motiveringsboodskappe deel, bekend gestel.

Rolene Strauss en Jo Black saam in die ateljee vir opnames van haar nuwe album. Foto: Daniel Rademeyer

En die sanger Jo Black is saam met haar op twee van die snitte.

“Dis wel nie ’n tradisionele CD waarop ek sing nie,” sê Rolene. “Die opnames staan bekend as spoken word – dis ’n nuwe neiging wêreldwyd. Dis basies kort video-opnames waarin jy praat oor ’n tema.” In die snitte saam met Jo praat hulle oor die lewenslesse wat hulle al geleer het.

Daar is wel een snit waarop sy sing, en daarvoor het sy sanglesse gekry.

Sy kan steeds nie glo dat sy nou so glad met die bek is nadat sy in 2011 gestotter het en nie haar vrae kon beantwoord toe sy vir die eerste keer aan die Mej. Suid-Afrika-kompetisie deelgeneem en uitgeval het nie.

“My Engels was baie swak en ek het glad nie verstaan wat daar vir my gevra is nie. Maar intussen het my man, D’Niel, my mooi gehelp, ek het baie meer begin lees en so my kennis en uitspraak verbeter,” sê sy.

Jo, wat veral bekend is vir treffers soos “Bring die hoop weer terug”, het in April vanjaar sewe Ghoema-musiekpryse gewen.

Hy sê dit was baie lekker om saam met Rolene te werk.

“Sy is glad nie aansitterig nie en ’n baie gemaklike mens. Nes enigiemand daarbuite weet albei van ons goed dat ons maar almal ’n berg het waarteen ons vaskyk, al lyk die berge nie altyd dieselfde nie.

“Maar ons het ook al geleer dat daar hoop is en dat jy oor die berge kan kom. Ek en Rolene het byvoorbeeld gesels oor kommunikasie-berge tussen getroudes. Soms help iemand anders se ervaring jou,” sê Jo.

Hy werk ook aan ’n nuwe album van sy eie wat teen die einde van die jaar uitgereik sal word.
suzanne.venter@rapport.co.za

Meer oor:  Jo Black  |  Rolene Strauss  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.