Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rolspelers vergader oor vlugtelinge in Metodistekerk

Die proses is op dreef om honderde vlugtelinge wat in die Metodistekerk in Kaapstad gehuisves word te skuif.

Verskeie rolspelers, waaronder die Kaapstad-metroraad en Menseregtekommissie (MRK), het Maandag oor die kwessie vergader.

Honderde vlugtelinge word sedert einde verlede jaar in die Metodistekerk in die Kaap gehuisves. Foto: Adrian de Kock

Dit is op dieselfde dag dat Papy Sukami, een van die leiers van ’n groep vlugtelinge, op aanklag van roof in die landdroshof in Kaapstad verskyn het. Sy saak is tot Donderdag uitgestel.

Dit volg op die hofverskyning van nog ’n leier, J.P. Balous, wat verlede week in dieselfde hof op aanklagte van aanranding verskyn het. Sy saak is tot Vrydag uitgestel.

Netwerk24 het vroeër berig die asielsoekers, wat al maande lank in die kerk in die Kaapse middestad skuil, het onlangs in twee kampe verdeel. Hulle het mekaar glo selfs met pangas in die kerk aangeval.

Eerw. Chris Nissen van die MRK sê die volgende stap is vir binnelandse sake om te bevestig wat die status van die asielsoekers is. Dit sal tussen vier tot vyf dae neem, sê hy.

Daarby is daar ook vlugtelinge wat onwettig in die land is en met wie se aansoek om asiel begin moet word.

Richard Bosman, hoof vir veiligheid in die metro, het die vergadering Maandag bevestig.

“Daar is later ’n interne vergadering om die burgemeester oor die situasie in te lig. Die Stad kan nie in hierdie stadium kommentaar lewer nie, nie voordat die vergadering afgehandel is nie.”

Meer oor:  Kaapstad  |  Metodistekerk  |  Vlugtelinge  |  Vergader
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.