Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rooikruis-hospitaal herdenk kinders se spesiale week

Baie kinders word daagliks aan fisiese sowel as seksuele mishandeling blootgestel, wat ’n enorme uitwerking op hul menswees kan hê.

Die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad wil die belangrikheid van kinderveiligheid benadruk met die aanvang van nasionale Kinderbeskermingsweek (29 Mei tot 5 Junie).

Die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad. Foto: Argief

Baie van die kinders wat by die Rooikruis-kinderhospitaal behandel word, ervaar meer as een vorm van mishandeling. Die hospitaal behandel kinders wat onder meer geskiet, gebrand, geslaan, verwaarloos en seksueel aangerand is.

Volgens die verklaring waarsku die hospitaal dat daar ’n konstante stroom van kinders na die hospitaal is wat slagoffers van mishandeling, verwaarlosing en geweld is, selfs tydens die inperkingstyd.

Carla Brown, hoof van maatskaplike werk by die hospitaal, sê dit is nog te vroeg om te bevestig of daar ’n toename in gevalle van kindermishandeling, verwaarlosing en geweld is.

“As ’n tersiêre hospitaal sien ons baie ernstige gevalle van mishandeling en geweld teen kinders en tydens die staat van inperking weet ons dat dit nie noodwendig afgeneem het nie,” sê Brown.

“Sedert Januarie het die Rooikruis-kinderhospitaal 226 gevalle van kindermishandeling, verwaarlosing en geweld aangemeld,” lui die verklaring.

Dwayne Evans, woordvoerder vir die Rooikruis-kinderhospitaal, sê die gemeenskap moet standpunt inneem vir die kwesbares in ons gemeenskappe.

“Ons doen 'n beroep op almal om die mishandeling, verwaarlosing en geweld teen kinders aan te meld,” sê hy.

Ons doen 'n beroep op almal om die mishandeling, verwaarlosing en geweld teen kinders aan te meld.

Dr. Anita Parbhoo, mediese bestuurder van die hospitaal, sê die Grondwet van Suid-Afrika het regte van kinders ’n prioriteit gemaak.

“Kinders het die reg om beskerm en gevoed te word en almal van ons het die verantwoordelikheid om ons deel te doen en die belange van die kind eerste te stel,” sê Parbhoo.

Volgens die verklaring, versoek die hospitaal dat alle volwassenes advokate vir kinders in hul gemeenskappe moet wees.

Die Rooikruis-kinderhospitaal en die Wes-Kaapse departement vir gesondheid verwelkom die aanstelling van Christina Nomdo, die eerste kinderkommissaris vir die Wes-Kaap.

“Die rol van die kinderkommissaris is om toe te sien dat kinders ’n stem het en te ondersoek hoe hulle armoede, misdaad en verwaarlosing ervaar en hoe dié ervarings hul lewens beïnvloed,” lui die verklaring.

Nasionale Kinderbeskermingsweek word jaarliks herdenk om bewustheid van die regte van kinders te skep.

Die hospitaal doen ’n beroep op die publiek om alle voorvalle by die departement van maatskaplike ontwikkeling of by die polisie aan te meld.

Voorvalle kan aangemeld word by Kinderwelsyn Suid-Afrika by 086 142 4453 of 011 452–4110 en e-pos kan aan info@childwelfaresa.org.za gestuur word.

Meer oor:  Rooikruis-Kinderhospitaal  |  Hospitaal  |  Kinders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.