Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Rooimiere breek onwettige strukture op grond af

Meer as 100 onwettige woonstrukture is Dinsdag sonder veel weerstand op ’n plaas buite Soshanguve noord van Pretoria afgebreek.

Baie van die grondbesetters was by die werk toe die uitsetting plaasvind, sê gemeenskapslede.

’n Klein groep ontstoke inwoners het vroeg die oggend ’n veld aan die brand gesteek en die pad met klippe gepak. Hulle is egter vinnig deur die onlustepolisie weggejaag.

Die meeste van die strukture was nog nie beset nie.

Die Rooimiere, ’n private veiligheidsmaatskappy wat in uitsettings spesialiseer, is aangestel om die uitsetting te hanteer.

Die balju wat deur die hof beveel is om te verseker dat die uitsetting plaasvind, was ook teenwoordig.

Die plaas is die afgelope weke in die nuus nadat grond onwettig aan grondbesetters verkoop is.

Dr. Motodi Maserumule, die eienaar, het AfriForum genader om hom te help om die grondbesetters te verwyder.

Die rooimiere breek strukture af wat onwettig op dr.Motodi Maserumule se grond opgerig is. Foto: Deaan VIvier
Strukture word op op dr.Motodi Maserumule afgebreek. Foto: Deaan VIvier
Die Rooimiere breek strukture af op 'n stuk grond buite Soshanguve nadat AfriForum gehelp het om 'n uitsettingsbevel deur die hoogeregshof te bekom om die onwettige plakkers van dr.Motodi Maserumule se grond te verwyder. Foto: Deaan Vivier

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.