Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rooimiere vra ondersoek na Psira oor ‘ongerymdhede’

Die Rooimiere wil hê dat die polisie die Reguleringsowerheid vir die Private Veiligheidsbedryf (Psira) ondersoek.

Dit kom nadat die Rooimiere vroeër vanjaar van onbehoorlike gedrag tydens uitsettings beskuldig is en Psira sy registrasie in Junie opgeskort het.

Johan Bosch, eienaar van die Rooimiere, beweer daar was baie ongerymdhede wat betref die skorsing en daarom is ’n klag van diefstal by die polisie ingedien.

Die Rooimiere se pligte is dié week hervat en onwettige besetters is ontruim nadat die hooggeregshof in Pretoria beveel het dat sy skorsing opgehef word.

’n Kostebevel is teen Psira gemaak wat die regskoste van die junior en senior regsverteenwoordigers moet betaal.

Oupa Mamabolo, Psira-woordvoerder, het Vrydag ontken dat daar ongerymdhede is en versoek dat die saak verder met die polisie opgeneem word.

Brig. Mathapelo Peters, provinsiale polisiewoordvoerder, het die klag bevestig, maar wou in die lig van die ondersoek nie verdere besonderhede verskaf nie.

Meer oor:  Rooimiere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.