Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rooimiere: Vrees vir grootskaalse grondbesetting

Die VF Plus het Woensdag sy stem by dié van georganiseerde landbou gevoeg weens kommer oor die opskorting van die Rooimiere se registrasie.

Ook AfriForum, wat al van die Rooimiere gebruik gemaak het om private eiendom te beskerm, is bekommerd oor dié verwikkeling.

Die Reguleringsowerheid vir die Private Veiligheidsbedryf (Psira) het Dinsdag bekend gemaak dat hy die Rooimiere se registrasie opgeskort het.

Die Rooimiere het Woensdag in ’n verklaring gesê hy bly verbind tot dienslewering aan sy kliënte en het Woensdag appèl aangeteken teen die opskorting van sy registrasie.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê dit is kommerwekkend en maak die deur oop vir die bevordering van onwettige grondbesettings en grondvergrype.

Groenewald sê volgens mediaberigte lyk dit asof Psira onder politieke druk geswig het om teen die Rooimiere op te tree ná die onlangse uitsettings en die sloping van onwettige strukture in Alexandra.

Hy sê ook dit is veelseggend dat die EFF die optrede teen die Rooimiere dadelik verwelkom het.

Psira sê in ’n verklaring die Rooimiere, ’n private veiligheids- en uitsettingsdiens, het “gevoelloos” opgetree met die sloping van strukture en dit het gelei tot ’n “miskenning van die menseregte” van mense van Alexandra.

Groenewald sê die party aanvaar dat die Rooimiere, wat gewoonlik kragtens ’n lasbrief optree, dit ook in hierdie geval gedoen het en sien nêrens dat hy buite sy mandaat opgetree het nie.

Die VF Plus sal die Rooimiere se regsoptrede teen sy opskorting fyn dophou om seker te maak reg en orde geskied.

Die feit dat die diens se hande nou gebind is, maak die deur oop vir die bevordering van grootskaalse grondbesettings. Veral munisipale grond word bedreig, sê hy.

“Oop ruimtes soos parke kan nou beset word en indien die besetters nie binne die voorgeskrewe tyd verwyder word nie, kan die probleem vinnig vererger.”

Stadsrade se hande is met hierdie optrede afgekap omdat munisipale owerhede nie die vermoë het om self teen onwettige besetters op te tree nie.

Hy sê dit is nog ’n voorbeeld waar diegene wat binne die wet optree, gestraf word terwyl die wetsoortreders straffeloos gelaat word.

Die VF Plus sal die Rooimiere se regsoptrede teen sy opskorting fyn dophou om seker te maak reg en orde geskied.

Brig. Sam Makhele, provinsiale polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê die opskorting van die Rooimiere se registrasie raak nie die polisie se werking nie. Die Rooimiere werk saam met die balju en apart van die polisie.

Meer oor:  Afriforum  |  Rooimiere  |  Vf Plus  |  Psira  |  Pieter Groenewald  |  Grondbesetting  |  Registrasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.